Rand onder druk nu00e1 u2018blitsdalingu2019
Rand onder druk nu00e1 u2018blitsdalingu2019

Rand onder druk ná ‘blitsdaling’

Die skerp skommeling in die rand vroegoggend kom nadat Asiatiese markte ’n sogenaamde “blitsdaling” in verskeie geldeenhede beleef het.
Hanlie Stadler - Markte het wêreldwyd die ritteltits en dit plaas die rand onder druk.

Die het deur die vlak van R14,50 teenoor die dollar verswak.

’n “Blitsdaling” in Asiatiese markte het ook die rand geraak. Die geldeenheid het Donderdagoggend vroeg met byna 28c tenoor die dollar verswak en selfs by R14,70 gaan draai.

Teen 09:00 het dit weer veld gewen tot R14,57, maar dit is steeds heelwat swakker as die vlakke van in die R14,30’s van die afgelope paar dae.

André Botha, senior valutahandelaar van TreasuryOne, sê die rand is op die oomblik soos ’n klimtol. Hy skryf dit grootliks toe aan die versterking van die dollar, ook teenoor groot geldeenhede soos die euro. Dít kan op sy beurt aan die powere syfers vir vervaardiging uit die eurogebied en China toegeskryf word.

“Dit het die debat laat opvlam oor traer wêreldgroei, wat gewoonlik ’n vlug na veilige hawens meebring, en die dollar is een daarvan.”

Dié afkeer aan risiko kan die rand op kort termyn laat verswak, sê Botha.

Die skerp skommeling in die rand vroegoggend kom nadat Asiatiese markte ’n sogenaamde “blitsdaling” in verskeie geldeenhede beleef het. Die jen het binne sewe minute met byna 8% teenoor die Australiese dollar tot sy sterkste vlak sedert 2009, en met 10% teenoor die Turkse lira, opgeskiet.

Ontleders is nie seker wat die skerp styging in die jen meegebring het nie, en ook nie waarom juis teenoor dié geldeenhede nie. Die jen het met sowat 1% teenoor ’n mandjie van die tien grootste geldeenhede in die wêreld versterk.

Die bewegings is vererger omdat verhandeling yl is, met Japan se markte wat steeds amptelik toe is.

Die jen word ook as ’n veilige hawe beskou, maar baie Japanners belê in ander geldeenhede juis omdat rentekoerse in Japan baie laag is.

“Blitsdalings” is nie ongewoon aan die begin van ’n handelsdag, wanneer net Australiese en Asiatiese markte oop is, nie. Dis ook nie ongewoon in Januarie nie. Suid-Afrikaners onthou dalk nog dat die rand op 11 Januarie 2016 van R16,30 tot R17,92 per dollar getuimel het in wat ook as ’n blitsdaling bestempel is.

Die rand was sedert Desember 2015 onder enorme druk nadat oudpres. Jacob Zuma Nhlanhla Nene as minister vervang het met die haas onbekende Des van Rooyen, ’n besluit wat hy onder druk verander het toe hy Pravin Gordhan in die tesourie aangestel het.

Begin 2016 was daar ook op wêreldmarkte onsekerheid oor Chinese ekonomiese groei en alle ontluikende geldeenhede het swaargetrek.

Die nuus dat Apple swaarkry in China, het dalk ook ’n rol gespeel, meen Botha.

- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!