Rand onder druk voor verkiesing
Elvira Wood – Die rand is steeds onder groot druk die dag voor die algemene verkiesing.
Die geldeenheid het vroeg Dinsdagoggend teen R14,42 teenoor die dollar verhandel.
Hoewel dit al ’n beduidende verbetering is van die R14,58 waarteen hy Vrydagaand verhandel het, is dit steeds meer as ’n rand swakker as die R13,30 hoogtepunt van 2019.
Die rand het in Februarie teen dié vlak verhandel.
Annabel Bishop, ekonoom by Investec, skryf in ’n nota daar is twee faktore hoekom die rand onlangs verswak het.
Aan die een kant is dit die onsekerheid oor die verkiesing van Woensdag 8 Mei, maar aan die ander kant weens die gebeure in die VSA.
Markte het wêreldwyd teruggesak toe pres. Donald Trump van die VSA oor die naweek weer begin dreig het hy gaan enorme invoertariewe op Chinese goedere hef. Die VSA en China is reeds geruime tyd in ’n handelsoorlog gewikkel. Hoewel daar voorheen sprake daarvan was dat geskille binnekort uitgestryk kan word, lyk die vooruitsig daarvoor nou minder belowend.
Die rand verhandel vroeg Dinsdagoggend teen R18,92 teenoor die Britse pond en R16,16 teenoor die euro.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 282,99 per fynons.
· Platinum: $882 per ons.
· Olie: $71,26 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $5 873,74
· Ethereum: $177,17 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie