Rand sak nu00f3g verder terug
Rand sak nu00f3g verder terug

Rand sak nóg verder terug

Elvira Wood – Die rand het Dinsdag ’n behoorlike dwarsklap gekry met die nuus dat die Suid-Afrikaanse ekonomie sy tweede resessie binne twee jaar binnegaan.

Hoewel hy vroeg Woensdagoggend effens veld teruggewen het en tot R15,28 teenoor die dollar verstewig het na sy R15,38 laagtepunt van Dinsdag, was dié tendens van korte duur.

Kort na 09:00 het die rand selfs nóg verder tot R15,58 teenoor die dollar teruggesak.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Dinsdag gesê die ekonomie het in die tweede kwartaal met 0,7% ineengekrimp.

Dit volg op ’n ineenkrimping van 2,6% in die eerste kwartaal.

Hoewel kenners voor SSA se aankondiging voorspel het dat daar tog ’n kans vir ’n resessie is, was die hoop dat Suid-Afrika dit net-net kon vryspring.

Die reaksie op die nuus kon veral in die rand gesien word.

Die geldeenheid was onmiddellik op die agtervoet en het tot R15,38 teenoor die dollar teruggesak.

Die gevolge van die tegniese resessie waarin Suid-Afrika hom nou bevind, verhoog ander risiko’s wat die rand selfs verder kan afdruk. Maarten Ackerman, hoofekonoom van Citadel, waarsku dat die land in die tweede helfte van die jaar afgegradeer kan word deur internasionale kredietgraderingsagentskappe.

Die rand het ná vorige afgraderings drasties verswak.

Die rand het Woensdagoggend al nader aan die R20-vlak teenoor die Britse pond beweeg en teen R19,99 teenoor dié geldeenheid verhandel. Hy het deur die R180vlak teenoor die euro gebreek en teen R18,01 teenoor die europese geldeenheid verhandel.

Met die hulpbronne staan sake só:

· Goud: $1 193 per fynons

· Platinum: $779 per fynons

· Olie: $77,87 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $7 363,88

· Ethereum: $285,14 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!