Rand sak terug
Rand sak terug

Rand sak terug

Die rand het Vrydag behoorlik die wind van voor gehad.

Amerika se besluit om nuwe sanksies teen Rusland toe te pas, het geldeenhede van ontluikende markte Donderdag beduidend laat verswak.

Dié tendens het Vrydag voortgeduur.

Bloomberg berig Amerika het die besluit geneem ná ’n beweerde chemiese aanval op ’n voormalige Russiese spioen en sy dogter wat nou in Brittanje woon.

Luidens ’n woordvoerder van die Withuis sal die uitvoer van onder meer elektronika en lasers na Rusland beperk word.

Dié nuus het die roebel, die Russiese geldeenheid, met meer as 4% laat tuimel.

Boonop het nuus dat die Turkse ekonomie basies aan flarde is die geldeenheid dáár – die lira – tot die laagste vlakke ooit teenoor die dollar laat val.

Reuters berig die verwagting dat die Amerikaanse ekonomie gaan aanhou groei en dat die Federale Reserweraad rentekoerse vanjaar nog twee keer gaan verhoog, asook kommer oor die dreigende handelsoorlog tussen Amerika en China het die dollar net nóg meer gesteun.

Hoewel dit op die tuisfront stil was weens Vrouedag in Suid-Afrika het dié gebeure ’n beduidende invloed op die rand gehad wat met meer as 2% tot R13,71 verswak het.

Die rand het vroeg Vrydagoggend teen R13,66 teenoor die dollar begin verhandel, maar het teen 09:00 tot R13,85 teruggesak. Hy het ook teenoor ander groot geldeenhede teruggesak. Die rand het Vrydagoggend teen R17,59 teenoor die pond en R15,74 teenoor die euro verhandel.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!