Rand sak terug teenoor sterk dollar
Rand sak terug teenoor sterk dollar

Rand sak terug teenoor sterk dollar

Elvira Wood – Die rand se goeie lopie teenoor die Amerikaanse dollar blyk tot ’n einde te gekom het.

Die rand het vroeg Donderdagoggend teen R13,55 teenoor die dollar verhandel.

CNBC berig die dollar het wêreldwyd verstewig en geldeenhede asook die prys van edelmetale onder druk geplaas.

Die nuuswerf meen dit was nie noodwendig pres. Donald Trump se staatsrede wat die dollar ondersteun het nie, maar eerder wêreldwye belangstelling in wat al die verskillende sentrale banke met rentekoerse gaan doen.

Die Federale Reserweraad (Fed) in die VSA blyk om nou effens remme aan te slaan met planne om koerse daar te verhoog.

Wêreldwye ekonomiese groei wat ook stadiger blyk te wees as waarop voorheen gehoop is, laat beleggers ook eerder wéér na die dollar kyk.

Plaaslik kan pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdagaand in die parlement ’n invloed op die rand hê.

Die rede word egter gelewer nadat markte gesluit is, so die reaksie sal eers vroeg Vrydagoggend gesien kan word.

Die rand het vroeg Donderdagoggend teen R17,52 teenoor die Britse pond en R15,39 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: $1 303,14 per fynons.

· Platinum: $804 per ons.

· Olie: $62,48 per vat.

Digitale geld

· Bitcoin: $3 372,28

· Ethereum: $103,77 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!