Rand skrik groot vir resessie
Die rand het hom Dinsdag boeglam geskrik met die nuus dat die land hom weer in 'n resessie bevind.
Die geldeenheid het Dinsdagoggend teen R15,37 teenoor die dollar verhandel, maar teen 12:00 het hy reeds tot R15,63 verswak.
Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika (SSA) aangekondig het die land se bruto binnelandse produk het met 1,4% gekrimp in die vierde kwartaal van 2019, teenoor die derde kwartaal.
SSA sê vir die hele 2019 het die ekonomie met net 0,2%
gegroei. Dit is slegter as die mees pessimistiese voorspellings.
Die rand het Dinsdag ook teenoor die Britse pond en die euro teruggesak tot onderskeidelik R19,94 en R17,35.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie