Rand sluit swakste nu00f3g, begin dag nog swakker
Rand sluit swakste nu00f3g, begin dag nog swakker

Rand sluit swakste nóg, begin dag nog swakker

Nellie Brand-Jonker – Die rand het Woensdagnag op sy swakste vlak nóg op R17,08 teen die dollar gesluit.

Volgens Investing.com was die rand Donderdag om 07:00 reeds 43c of 2,5% swakker op R17,50.

Die rand het Woensdag in ’n stadium met 3% verswak nadat beleggers uit Suid-Afrika en ander ontluikende markte se bates gestroom het.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, het gesê die rand het verswak teen die dollar toe internasionale finansiële markte ’n hernude aanval van risikovermyding beleef het.

Wichard Cilliers, hoofhandelaar van TreasuryOne, het gesê beleggers het internasionaal hulself “heeltemal aan riskante bates onttrek”.

Ontluikende markte soos Suid-Afrika word as riskant beskou wanneer paniek onder beleggers heers.

Die rand het op R18,64 teen die euro gesluit.

Donderdagoggend het dit reeds 47c of 2,5% verder verswak en staan op R19,12.

Die sluiting teen die pond was R19,84 en teen Donderdagoggend was dit reeds 33c of 1,6% swakker tot R20,16.

Bianca Botes, ’n vennoot van Peregrine Treasury Solutions, sê die rand het in verhandeling oornag min aandag aan tegniese vlakke gegee en verder verswak.

“Die koronavirus-gedrewe verkoop van riskante bates duur aggressief voort, en laat verwoesting in sy spoor oor alle bateklasse met beleggers wat skarrel om hul hande op kontant te kry.”

Volgens haar het die rand effens versterk teen die pond omdat die pond teen die dollar verswak het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!