Rand steeds positief oor nuwe minister
Rand steeds positief oor nuwe minister

Rand steeds positief oor nuwe minister

Die geldeenheid het kort ná die aankondiging met bykans 40c teenoor die dollar verstewig.
Elvira Wood – Die rand het Dinsdag behoorlik gejubel oor die aankondiging dat Tito Mboweni die land se nuwe minister van finansies is.

Die geldeenheid het kort ná die aankondiging laatmiddag met bykans 40c teenoor die dollar verstewig.

Hy het dié lopie deur die nag voortgesit en vroeg Woensdagoggend teen R14,55 teenoor die Amerikaanse geldeenheid verhandel.

Hoewel dit ’n beduidende verbetering is op die R15,06 waar hy gedraai het kort voordat pres. Cyril Ramaphosa die aankondiging gedoen het, is dit nog beduidend swakker as die R11,54 waarteen dit op 23 Februarie verhandel het.

Mboweni se aanstelling is uit alle oorde verwelkom.

Dit volg nadat sy voorganger, Nhlanhla Nene, op Vrydag 5 Oktober voor die Zondo-kommissie getuig het dat hy meer as een keer met die omstrede Gupta-familie vergader het.

Nene was voorheen ook minister van finansies, maar is in Desember 2015 deur Jacob Zuma, wat toe president was, afgedank.

Hy is vir vier dae lank deur Des van Rooyen vervang voordat dié weer met Pravin Gordhan vervang is. Zuma het Gordhan egter ook in 2017 die deur gewys en met Malusi Gigaba vervang. Nene is in Februarie deur Ramaphosa aangestel.

Die rand het ook teenoor ander geldeenhede verstewig.

Dit het Woensdagoggend teen R19,15 teenoor die Britse pond en R16,75 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake so:

· Goud: $1 189 per fynons

· Platinum: $826 per fynons

· Olie: $84,76 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $6 554,18

· Ethereum: $226,06 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!