Rand sukkel voort voor begroting
Elvira Wood – Die rand sukkel nog steeds voort teen meer as R14 teenoor die dollar aan die begin van die begrotingsweek.
Die rand het vroeg Maandagoggend teen R14,06 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel.
Dit kom nadat hy Vrydag in ’n stadium tot so ver as R14,20 teenoor die dollar teruggesak het.
Die grootste invloed dié week op die rand sal ongetwyfeld Woensdag se begrotingsrede deur Tito Mboweni, minister van finansies, wees.
In die lig van die drastiese ommeswaai in die stand van sake by Eskom verlede week word verwag dat Mboweni spesifiek moet fokus op hoe die staat gaan help om die kragreus aan die gang te hou.
Die kredietgradeerder Moody’s Investor Service, wat reeds kort ná die begin van die vlaag beurtkrag gewaarsku het dat dié krisis baie slegte nuus vir Suid-Afrika se kredietstatus inhou, sal veral krities na die begrotingsrede luister.
Moody’s is die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat nog nie Suid-Afrika se skuld tot onder beleggingsvlak – oftewel rommelstatus – afgegradeer het nie.
Lullu Krugel, hoofekonoom by PwC, het die week vóór die begroting reeds gewaarsku dat dit nie ’n geval is van óf Moody’s die land se skuld gaan afgradeer nie, maar eerder oor wanneer.
Die rand het Maandagoggend teen R18,15 teenoor die Britse pond en R15,90 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 323,74 per fynons.
· Platinum: $805 per ons.
· Olie: $66,28 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $3 675,58
· Ethereum: $135,62
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie