Rand verloor veld, sak terug teenoor dollar
Rand verloor veld, sak terug teenoor dollar

Rand verloor veld, sak terug teenoor dollar

Elvira Wood – Dit lyk asof die rand se verhandeling onder die R14-vlak teenoor die dollar kortstondig was.

Die rand het wel Donderdag vir ’n kort rukkie teen sowat R13,98 teenoor die dollar verhandel, maar sedert Vrydag verhandel hy weer goed bo die R14-vlak.

Vroeg Maandagoggend sou ’n dollar jou R14,18 kos.

Reuters berig die dollar het begin spiere bult nadat Vrydagaand beter as verwagte syfers vir werkskepping in die VSA bekend gestel is.

Luidens statistieke is 224 000 nuwe poste in Junie in die VSA geskep – landbousektor uitgesluit.

Dit is die meeste die afgelope vyf maande en beduidend hoër as die 160 000 poste wat ekonome voorspel het.

Reuters berig dit is duidelik dat die Amerikaanse ekonomie dus teen ’n flukse pas groei en dat daar nou geen kans is dat die Federale Reserweraad (Fed) rentekoerse einde dié maand met 50 basispunte sal verlaag nie.

Ekonome voorspel dat daar tog steeds ’n kans is dat die rentekoers in dié land met 25 basispunte verlaag kan word.

Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec, het vroeër in Julie gewaarsku dat die dollar waarskynlik vir die res van Julie druk op die rand gaan plaas.

Die rand het vroeg Maandagoggend teen R17,78 teenoor die Britse pond en R15,94 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: $1 400,90 per fynons

· Platinum: $811 per ons

· Olie: $64,20 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $11 425,38/R173 276

· Ethereum: $305,43/R4 625

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!