Rand versterk met meer as 20c teenoor dollar
Daar is die hele week bespiegel dat die Federale Reserweraad die rentekoers gaan verlaag om die Amerikaanse ekonomie ’n hupstoot te gee.
Hanlie Stadler – Die rand het Woensdagaand sy sterkste vlak in weke teenoor die dollar gehaal nadat die Federale Reserweraad (Fed) aangekondig het hy laat Amerikaanse rentekoerse onveranderd.
Die rand het teen 21:00 selfs R14,30 teenoor die dollar gehaal, ’n stewige 22c oftewel 1,5% sterker as die vorige dag se sluiting in New York.
Daar is heelweek bespiegel dat die Fed die rentekoers gaan verlaag om die Amerikaanse ekonomie ’n hupstoot te gee.
Dis aangeblaas deur pres. Donald Trump, wat openlik vyandig teenoor die Fed is op Twitter omdat hy reken die Fed (eerder as sy eie handelsbeleid) moet die skuld kry vir trae ekonomiese groei. Trump het selfs dié week gedreig om Jerome Powell as voorsitter van die Fed af te dank as hy nié die rentekoers verlaag nie.
Powell en die ander lede van die opemarkkomitee het hulle egter nie laat intimideer nie en het die rentekoers onveranderd gelaat.
In sy verklaring sê die Fed se opemarkkomitee die VSA se arbeidsmark is sterk en ekonomiese bedrywigheid styg, hoewel matig.
Die land se kerninflasiekoers is effens laer as die bank se 2%-teiken en inflasieverwagtinge het gedaal.
In ’n nuusverklaring ná die aankondiging het Powell gesê daar is groot risiko’s vir ekonomiese groei. Die Fed wil nie die rentekoers verlaag op grond van enkele datapunte of korttermynsentiment nie en sal eers kyk of ekonomiese groei volgehou word.
In antwoord op die vraag of hy bang is Trump dank hom af, het Powell gesê die wet is duidelik, naamlik dat hy sy termyn kan uitdien, wat hy vas van plan is om te doen.
Hy het ook beklemtoon dat die Fed nie reageer op opmerkings deur “verkose amptenare” nie, maar waak teen sy institusionele onafhanklikheid en by sy mandaat hou - vir die Fed die tweeledige doelwit van prysstabiliteit (inflasiebeheer) en volle indiensneming.
Die stryd oor ’n sentrale bank se onafhanklikheid en mandaat is deesdae vir Suid-Afrikaners welbekend.
Slegs een van die tien lede van die opemarkkomitee het ten gunste van ’n verlaging van die rentekoers gestem.
Laer Amerikaanse rentekoerse sou eintlik goeie nuus vir die rand wees, aangesien beleggers op soek na beter opbrengs op staatseffekte na ontluikende lande sou moes kyk.
Die versterking van die rand ná die Fed-aankondiging kan dus tydelik wees, maar daar is ook ander faktore wat sentiment teenoor die rand ondersteun.
Die Fed se voorspellingsmodel wys dat die rentekoers binne die volgende 18 maande verlaag sal kan word.
Die Europese Sentrale Bank het ook vroeër Woensdag aangedui dat hy sy rentekoers binnekort gaan verlaag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie