Rand verswak skerp oornag: Hier is die redes
Rand verswak skerp oornag: Hier is die redes

Rand verswak skerp oornag: Hier is die redes

Nellie Brand-Jonker – Die rand en ander wisselkoerse het die eerste week van Maart op ’n baie onstuimige see probeer koers hou.

Internasionale winde is nie al wat die rand wild laat ronddobber nie, want binnelandse faktore begin nou ook weer ’n rol speel.

Die rand het Donderdag weer stelselmatig begin verswak nadat die geldeenheid Woensdag asem geskep het ná die effens beter as verwagte BBP-syfers.

Die pouse was egter van korte duur omdat kommer internasionaal oor ekonomiese groei en die handelstwis weer van voor af risikovermyding aangevuur het.

“Donderdag kan nie anders as ’n bloedbad vir die rand beskryf word nie,” meen Bianca Botes, ’n valuta-ontleder van Peregrine Treasury Solutions.

Vrydagoggend het die rand reeds R14,53 teenoor die dollar getref.

Volgens haar het talle faktore tot die rand se verswakking bygedra, maar pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die regering voortgaan met die nasionalisering van die Reserwebank het die grootste bydrae gelewer.

“Die rand het met meer as 1% verswak omdat dit al lank ’n omstrede kwessie is,” het sy gesê.

Botes sê dit was Donderdag nie die enigste kopseer vir die rand nie.

In Europa het die president van die Europese Sentrale Bank, Mario Draghi, weer sy kommer oor ekonomiese groei beklemtoon en aangedui dat rentekoerse waarskynlik eers in 2020 gaan begin styg. Die Sentrale Bank gaan ook goedkoop lenings aan Europese banke verskaf in ’n poging om die trae ekonomie aan te moedig.

Die rand het saam met die euro teen die dollar verswak.

Die ergste verswakking van die rand het ná die sluiting van die Suid-Afrikaanse aandelemark Donderdagaand gebeur.

Teen Donderdagaand om 18:00 het die rand met 1,6% verswak en teen R14,49 verhandel, volgens Botes.

Ander ontleders het ook die 9,4%-verhoging in kragtariewe wat die Nasionele Energiereguleerder aan Eskom toegestaan het, as bydraende faktor vir die swak rand beskryf. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!