Rand wu00e9u00e9r in sak en as naby R15
Rand wu00e9u00e9r in sak en as naby R15

Rand wéér in sak en as naby R15

Elvira Wood – Pres. Donald Trump se kommentaar Woensdag dat hy “voel” dat daar ’n goeie kans is dat die VSA en China wél ’n handelsooreenkoms gaan sluit, het die rand in sak en as gelaat.

Dit het op R14,86 teenoor die dollar gesluit.

Vroeg Donderdagoggend het die rand steeds agteruitgeboer en verhandel teen R14,91.

Die rand het dus binne 24 uur met 26c teenoor sy Amerikaanse eweknie teruggesak.

Trump het China egter in dieselfde asem gedreig dat as ’n ooreenkoms nie onderteken word nie, sal hy wel invoertariewe op Chinese produkte wéér verhoog.

Reuters berig verder dat hoewel ontleders in ’n stadium voorspel het dat daar ’n kans is dat die Federale Reserweraad (Fed) in Junie rentekoerse in die VSA kan verlaag, dink hulle nou eerder dat dit onveranderd gelaat gaan word.

Dit kom nadat die inflasiekoers in dié land wel in Mei met 0,1% gestyg het.

’n Hoër rentekoers maak beleggings in dié land meer aantreklik en ondersteun die dollar.

Die rand het ook teenoor die Britse pond en euro teruggesak.

Dit het vroeg Donderdagoggend teen R18,92 teenoor die pond en R16,85 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: $1 335,30 per fynons

· Platinum: $812 per ons

· Olie: $60,34 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $8 130,40/R126 094

· Ethereum: $259,61/R4 035 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!