• Tuisblad
  • Afrika
  • Rapport sê: Cyril is dié slagoffers 'n verskoning verskuldig
Rapport su00ea: Cyril is diu00e9 slagoffers 'n verskoning verskuldig
Rapport su00ea: Cyril is diu00e9 slagoffers 'n verskoning verskuldig

Rapport sê: Cyril is dié slagoffers 'n verskoning verskuldig

Die moordkoers op boere is beduidend hoër as vir Suid-Afrikaners in die algemeen.
Die president moet 'n bietjie sy woorde tel as hy wil hê alle Suid-Afrikaners moet glo dat hy in goeie trou optree.

Die afgelope week het pres. Cyril Ramaphosa in 'n wyd gepubliseerde onderhoud met Bloomberg in New York gesê daar is “geen moorde” op boere in Suid-Afrika nie en ook “geen grondgrype” nie. Nog voordat die presidensie verduidelik het dat Ramaphosa in werklikheid glad nie ontken het dat daar moorde op boere in Suid-Afrika is nie – die polisie sê daar was die afgelope jaar 62 – het kommentators wat by verstek in Ramaphosa se bona fides glo, te velde getrek teen Suid-Afrikaners wat woedend was oor die president se wanvoorstelling.

Rapport is ietwat teësinnig bereid om in hierdie geval toe te gee slegs dat Ramaphosa waarskynlik wel weet wat die feite is: Naamlik dat 'n boer heelwat meer rede het as die gemiddelde Suid-Afrikaner om te vrees dat hy oorval en vermoor sal word. Die moordkoers op boere is onteenseglik hoër as vir Suid-Afrikaners oor die algemeen en die feit dat daar geen wit volksmoord op boere aan die gebeur is nie, doen hoegenaamd nie afbreuk aan die feit dat plaasmoorde as 'n nasionale krisis hanteer behoort te word nie.

Maar as Ramaphosa dan geweet het wat die feite is, waarom het hy nie die moeite gedoen om homself behoorlik uit te druk nie? Hy is nie maar net nog 'n rubriekskrywer in 'n koerant nie – hy is die staatspresident, van wie alle Suid-Afrikaners behoort te kan verwag om hul legitieme vrese sy eie te maak en hul aspirasies te ag.

Hy kan dus ten beste van onver­skoonbare slordigheid beskuldig word en ten slegste van kru oneerlikheid, want toe Ramaphosa New York toe gevlieg het, het hy gewéét hy gaan uitgevra word oor pres. Donald Trump se twiet, en hy het geweet hy gaan gevra word om die ware feite te stel.

Dit help nie om een skeefgetrekte beeld met nog een te vervang nie.

Ook oor grondgrype is Ramaphosa heeltemal verkeerd. Want dit gebeur. Dit is nie die regering wat mense se grond beset nie, maar misdadigers wat nie deur die polisie vasgevat word nie. Rapport het onlangs berig daar was sedert Januarie 263 grondbesettings in die Wes-Kaap, 161 in Ekurhuleni laas jaar en 1 470 in Tshwane.

Terwyl dit dus nie in opdrag van Ramaphosa gebeur dat die eienaars van grond se titelaktes betekenisloos word nie, gebeur dit ten spyte van Ramaphosa se herhaalde beloftes dat dit nie toegelaat sal word nie. Die staat is hier skuldig aan pligsversuim.

Ramaphosa is die families van wit en swart slagoffers van plaasmoorde 'n verskoning verskuldig dat hy oor 'n onderwerp wat so delikaat is as hierdie nie presies sê wat hy bedoel nie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!