Rare rooikuifloerie in Kavango gesien
Rare rooikuifloerie in Kavango gesien

Rare rooikuifloerie in Kavango gesien

Francoise Steynberg
’n Groep internasionale voëlkykers wat in Namibië kuier se verbasing was groot toe hulle ’n skaars voëlspasie in die Kavango sien.

Die rooikuifloere (Musuphaga rossae) is onlangs by Taranga Safari Lodge, 35 km wes van Rundu op die oewer van die Kavangorivier gesien.

Dié kleurvolle voël is voorheen in die Okavango-delta in Botswana, asook op die grens van Zimbabwe en Zambië gesien, maar rooikuifloeries broei nie in Suider-Afrika nie.

Die voël kom in geïsoleerde bevolkings in Gaboen, Kameroen, Soedan en Uganda voor en sy habitat is in immergroen woude en langs riviere.

Mnr. Terry Butcher, ’n spesialisvoëlgids van Ultimate Safaris, het dié ontdekking by Taranga Safari Lodge gemaak toe hy ’n groep internasionale voëlkykers op toer deur Namibië geneem het.

Sodra voëlwebtuistes sulke ontdekkings plaas, veroorsaak dit geweldige belangstelling van voëlkykers oraloor Suider-Afrika. Hulle het op kort kennisgewing van Kaapstad en Johannesburg gevlieg om met hul eie oë die rooikuifloerie te sien.

“Taranga Safari Lodge werk al jare baie hard om ’n natuurlike en veilige omgewing vir voëls op die oewer van die Kavangorivier te vestig,” het me. Daniela Robberts, bemarkingsbestuurder van Taranga Safari Lodge, gesê.

Meer as 100 skaars voëlspesies is oor die afgelope jare by Taranga Safari Lodge geïdentifiseer.

Mnr. David Hoddinott van Suid-Afrika het die besigtiging van die rooikuifloerie amptelik geregistreer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!