Rare sambokhaai by Walvisbaai gevang
Die vis is ná ’n foto weer in die water vrygelaat.
Elvira Hattingh - Mnr. Jaco Visser, van die toerisme-agentskap Gondwana, het Sondag 22 Januarie ’n sambokhaai, ’n uiters seldsame en gesogte sportvis, in Walvisbaai se strandmeer naby Pelikaantpunt gevang.
Visser sê terwyl hy besig was om te hengel, het hy ’n groep van die haaie gesien waar hulle besig was om naby die oppervlak van die water te vreet.
Hy en sy mede-hengelaar, Neels Dreyer, het van ligte gerei en kunsaas, in die vorm van ’n drywende harder, gebruik gemaak om die grote aan die hoek te kry.
Visser het gister aan Republikein gesê die haai het hom goed teëgesit voor hy hom kon strand. Hulle skat die vis het ongeveer 18 kg geweeg. Na ’n foto geneem is, is die haai weer in die water vrygelaat.
Volgens Gondwana is die sambokhaai een van slegs 15 haaie wat deel van die makriel-haaigroep vorm.
Die haai het ’n swak gebit in vergelyking met ander haaie in dié groep. Hy het net sowat 80 tande en beskik gevolglik ook nie oor ’n kragtige bytvermoë nie.
Die haai se indrukwekkende stert vergoed vir sy gebrek aan tande en hy gebruik dit soos ’n sweep of ’n sambok om sy prooi katswink te slaan. Hulle eet meestal jong tunavisse, makriel, inkvisse en seekatte, en kom dikwels nie in groepe voor nie, hoewel hulle soms in groepe jag.
Dit is ook nie aldag dat die haaie in vlak water aan die kus voorkom nie, hoewel hulle dikwels naby die water se oppervlak jag. Hulle is aktiewe roofdiere en verkies die oopsee en dieper water.
Van die haaie is al tot 500 m diep gesien, hoewel meer onlangse videomateriaal aandui dat hulle selfs dieper as dit in die see kan voorkom.
Die grootste van die drie bekende sambokhaai-soorte, die algemene sambokhaai, wat ’n donkergroen skynsel het, kan tot 6,1 m lank word en meer as 500 kg weeg.
Sy kleur onderskei hom van die grootoog sambokhaai en die pelagiese sambokhaai.
Dit is ook van die min haaie wat daarvoor bekend is dat hy met sy hele lyf uit die water kan spring. Hulle maak gewoonlik beurte om te spring – baie soos dolfyne.
Die haaie hou nie ’n gevaar vir mense in nie en word veral in Suid-Afrika en Amerika as ’n gesogte sportvis beskou. Die spesie is kwesbaar vir uitsterwing, maar het ook kommersiële waarde en word vir hul vleis, lewerolie, vinne en vel gevang.
Addisionele bron: elasmo-research.org.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie