Ras- en gesinswonde onder loep op verhoog

Karin Eloff
Die drama Fences, wat die temas van ras, gesinsverhoudinge en die erflating van ervarings in die verlede verken, is op 9 en 10 Augustus om 19:00 by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te sien.

Die NTN se hoofdoel is om produksies met universele temas en van wêreldstandaard op die verhoog aan te bied, hetsy dit ’n opdragstuk of self geskryf is.

Fences is deur die vooraanstaande en bekroonde Afro-Amerikaanse dramaturg, August Wilson, geskryf en is aangepas vir die Namibiese verhoog en geregisseer deur Nelago Shilongoh.

Dié verwerking fokus op hedendaagse Namibiese kwessies en die gevolge van kolonialisme – veral die arbeidstelsel en hoe dit die swart gesinsdinamika beïnvloed het en tot vandag toe beïnvloed.

Die drama volg die lewe van die hoofkarakter, ’n 53-jarige hardwerkende man, teen die agtergrond van Namibië ná die apartheidsera, en hoe hy sukkel om in sy gesin se behoeftes te voorsien en om hulle bymekaar te hou.

Temas sluit in teenstrydige benaderings tot werk, verantwoordelikheid, waardigheid, lojaliteit en die toekoms.

Die produksie verken ook die spaning tussen generasies e hoe kwessies oorgedra word van geslag tot geslag.

Shilongoh, 'n bekroonde teatervervaardiger, word deur Victoria Naholo bygestaan.

Naholo is 'n skrywer, vervaardiger en aspirant-fliekmaker. Die toneelstuk se choreografie word deur die bekende danser en choreograaf Trixie Munyama behartig, en die dramaproses word deur Ndinomholo Ndilula gefasiliteer.

Die verwerking spog met vooraanstaande Namibiese akteurs wat insluit David Ndjavera, Sheila Am! Gabes, Lucky Pieters, Blessing Mbonambi, Gift Uzera en Lee-andro Neshila.

Die stuk se inhoud is kragtig en daar is ’n ouderdomsperk van 14 jaar.

Kaartjies is by Computicket teen N$100 vir volwassenes en N$60 vir studente en pensioenarisse beskikbaar.

Vir navrae, kontak die NTN by 061 374 400.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!