Rassie gaan wéér sy voorspelers laai
WB-rugby
Hendrik Cronjé - Alles dui daarop dat Rassie Erasmus, afrigter, in Sondag se Wêreldbeker-kwarteindstryd in Tokio met 'n reserwebank van ses voorspelers en twee agterspelers sal volhard, soos die geval teen Italië was.
Die slot Franco Mostert het die gevaar geloop om die eerste keer dié seisoen nie vir die voorkeur-23-tal gekies te word nie, sou Erasmus besluit het om vyf plaasvervanger-voorspelers en drie agterspeler-impakspelers teen Japan in te span.
Toe Mostert gister sy verskyning by die Bokke se nuuskonferensie in Tokio gemaak het, is die vraag of hy teen Japan sou speel moontlik beantwoord.
Die Bokke stuur nie gebruiklik 'n speler na 'n nuuskonferensie as hy nie in die naweek se toets betrokke is nie.
Dis ook nie asof die 28-jarige Mostert 'n insinking in sy spel beleef nie. Dis eerder 'n geval dat Lood de Jager beter as hy speel en RG Snyman self warm is.
Met 'n bank van ses voorspelers sal Erasmus 'n duidelike boodskap aan Japan stuur dat die gasheerland se agttal hom vir sy grootste fisieke aanslag in vanjaar se Wêreldbeker moet voorberei.
Die Bok-kamp praat die hele week uit een mond dat hy by Japan se hoëtempo-speelstyl wil aanpas, maar gemeet aan Erasmus se spankeuses, lyk dit eerder of Suid-Afrika beheer wil neem en Michael Leitch-hulle wil uitdaag om aan te pas.
As die Bokke ernstig was om by Japan se speelstyl aan te pas, sou hulle drie agterspelers kies, aangesien Japan vir sy hardlooprugby bekend is.
Erasmus-hulle sou nietemin klein verstellings aan hul wedstrydplan gemaak het om te verhinder dat Japan die tempo van die toets in Tokio bepaal.
Slaag Japan wel daarin om die tempo van die kragmeting te beheer, wag daar groot probleme op die Bokke.
Dit blyk ook dat Erasmus geen veranderinge aan sy beginspan gaan maak wat Italië met 49-3 in Sjizoeoka afgestof het nie.
Erasmus het skynbaar ook daarteen besluit om vir Cobus Reinach plek te maak, nadat hy die veld aan die brand in 'n groepwedstryd teen Kanada gespeel het.
Reinach se tikkie hoop om in die kwarteindstryd te speel, het Dinsdag verdwyn toe Herschel Jantjies sy fiksheidstoets ná 'n ligte dyspierbesering geslaag het. Faf de Klerk sal die nr. 9-trui dra.
Jantjies en Frans Steyn kan die enigste agterspelers op die Bokke se impakbank wees.
Dis interessant dat Beast Mtawarira en Bongi Mbonambi hul plekke in die beginspan gaan behou.
Albei speel puik rugby en verdien om in die beginspan te wees, maar Steven Kitshoff en Malcolm Marx word as eerstekeuse-spelers beskou.
Erasmus mag dalk ook meen dat Kitshoff en Marx 'n groter impak van die bank kan maak en dít 'n bestanddeel is wat hy vir 'n moontlike oorwinning oor die gasheerland benodig.
Erasmus het vroeër gesê sy spelers gee nie deesdae om of hulle met die afskop op die veld is of wanneer die eindfluitjie blaas nie. Almal, die hele 23-tal, sing die volkslied saam.
Die beste speeltoestande van die Wêreldbeker word intussen in die kwarteindronde verwag.
Die temperature het sedert die tifoon Hagibis drasties gedaal.
Selfs die humiditeit het verbeter, wat tot die Bokke se voordeel is aangesien Japan die span was wat in die groepfase die beste by moeilike speeltoestande aangepas het.
Hantering sal beslis makliker in die kwarteindstryde as in die groepwedstryde wees.
Erasmus kondig vanoggend (SA tyd) sy 23-tal aan. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie