RASSPL vereer sy presteerders
Hengel
Die Rots- en Strandhengel Super Professionele Liga (RASSPL) het die afgelope naweek sy lede by Pirates Cove op Hentiesbaai vir hul prestasies die afgelope seisoen vereer.
Trofees en sertifikate is aan die voorste hengelaars in die onderskeie kategorieë oorhandig, asook aan die hengelaars wat die grootste eetbare en oneetbare vis uitgetrek het.
By een familie waar die hengelaarsbloed dik in die are vloei, is vier van hulle in verskeie afdelings as die beste aangewys.
Marina Kruger het by die vroue geseëvier, terwyl haar seun Zander by die o.21-manne koning gekraai het.
Jayden Warrington en die tweejarige Loane Venables, Kruger se kleinseun en kleindogter, is onderskeidelik in die o.10-afdelings vir seuns en meisies as die beste bekroon.
Selfs die borge soos Commercial Marine Namibia, Swakop Sport, Pirates Cove, Dune 7 Adventures, Fin-Nor Visgerei, Gumgams Hunting, Stainless Engineering, Puma-diensstasie Hentiesbaai, T-line Vislyn, Hotel De Duine, Nankang Tyres, Kulula Technologies Namibia en Sam's Tackle het sertifikate vir hul jarelange ondersteuning ontvang.
Trofeewenners vir 2016
Die voorste hengelaars vir 2016 in elke afdeling is soos volg:
Meisies en seuns o.10: Loane Venables (80 punte) en Jayden Warrington (237.7).
Seuns o.14: Tolla Wolfaardt (744.97).
Mans o.21: Zander Kruger (272.6).
Vroue: Marina Kruger (1691.23).
Senior mans: Allan Langenstrassen (2766.59).
Meesters: Jörg Walter (1339.30).
Pryse volgens gewig en spesie
Senior mans: Eetbare vis, Morné Honiball (kabeljou, 107 cm, 11 kg). Oneetbare vis, Allan Langenstrassen (koeihaai, 1.79 m, 33 kg).
Senior vroue: Eetbaar, Elaine Vorster (steenbra, 62.5 cm, 5 kg). Oneetbaar, Judy Langenhoven (bronshaai, 1.56 m, 51.5 kg).
Meesters 50 en ouer: Eetbare vis, Jörg Walter (kabeljou, 52 cm, 1.3 kg,). Oneetbare vis, Allester Dronia (spierhaai, 1.06 m, 4.5 kg).
Meesters 60 en ouer: Eetbare en oneetbare vis, Heinz Bresele (steenbras, 49 cm, 2.5 kg) en (kolhaai, 1.42 m, 14.8 kg).
Meisies o.10: Eetbare vis, Loane Venables (baber, 500g).
Seuns o.10: Eetbare vis, Alexander Metzge (steenbras, 36 cm, 1 kg). Oneetbare vis, Jayden Warrington (skaamhaai, 50 cm, geen gewig).
Seuns o.14: Eetbare vis, Eduward Janse van Rensburg (kabeljou, 46 cm, 900 g). Oneetbare vis, Tolla Wolfaardt (kolhaai, 1.24 m, 9.1 kg).
Mans o.21: Eetbare vis, Zander Kruger (kabeljou, 65 cm, 2.6 kg). Oneetbare vis, Jan Hendrik Heat (kolhaai, 1.55 m, 19.5 kg).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie