RBG se standpunt oor grondkonferensie
RBG se standpunt oor grondkonferensie

RBG se standpunt oor grondkonferensie

Mandy Rittmann
MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Laat dit bekend wees dat Martin Dentlinger, in sy eie geproklameerde reg tesame met daardie lidmate van die Rehoboth Bastergemeente (RBG) wat hulle steun op skrif met vrywillige toestemming aan hom toegesê het om voort te gaan om hulle regte te beskerm en verseker, as volg oor die tweede nasionale grondkonferensie standpunt inneem:

Wat die grondkonferensie betref, behou die burgers wat respek vir hul eie wette toon die wettige jurisdiksie van die private vereniging van die RBG. Hierdie jurisdiksie is ingestel deur private verbond (kontrak) met die ”Vaderlike Wet”.

Die RBG is 'n privaat gekonstitueerde liggaam en trust met gesag oor kollektiewe eiendom en privaat eiendom waarvan die Kaptein se ewigdurende kantoor die eksekuteur van die trust/boedel is.

Die gemeente is die gewer (grantor), trustee sowel as die beguns­tigdes van die regte en privaat eiendom wat onder voorwaardelike, ewige boedel toegestaan is regtens die statutêre struktuur van die RBG. Hierdie beginsels kan deur geen mensgemaakte instansie of individu na goeddenke geweier of weerlê word nie, omdat niemand anders as die geregistreerde lidmate gesag of stand daartoe het nie. Ook nie die regering van Namibië of handgekeurde deelnemers aan die grondkonferensie nie.

Die nasionaliteit van die RBG is 'n natuurlike reg.

Nasionaliteit is 'n gewaarborgde, natuurlike reg uit hoofde van die internasionale reg en die volkereg. Bouvier's Law Dictionary, Revised 6th Edition, beskryf nasionaliteit as: “The state of a person in relation to the nation in which he was born. A man retains his nationality of origin during his minority, but, as in the case of his domicile of origin, he may change his nationality upon attaining full age; he cannot, however, renounce his allegiance without permission of the government.”

Om die regering se aptyt vir die konsolidasie van mag ten volle te verstaan, is dit nodig om baie verder as die neus te kyk. Die regering het beheer oor sy skepping/s en hulle hulpbronne gebruik vir die vernietiging van bronne soos die Kapteinshuis, Rekor-projekte, Reho Spa ens. deur bedrieglike, invloedryke magte.

"The term body politic means that the members of such corporations shall be considered as an artificial person. " Dus regeringskepping/s. (Bouvier's Law Dictionary, 1856)

Die regering het jurisdiksie oor die grondkonferensie as sy eie skepping, wat insluit die personam wat gebind is aan 'n lewende wese onder openbare beleid, maar het beslis geen jurisdiksie oor die privaat politiek van die RBG nie.

Die howe het jurisdiksie oor die trustreserwe danksy die regering se eie wysigings, omdat as gevolg van die militêre besetting en administrasie van die bankrotskap, die stelsel ingestel is om lewende wesens te oorreed om vrywillig 'n trustooreenkoms onder statute en kodes te aanvaar, en hulself daardeur te verbind aan die Namibiese franchise/agentskap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!