RCC verkoop bates
Finansiële verknorsing vererger
Catherine Sasman – Die beleërde Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) gaan ’n aanlyn veiling van konstruksietoerusting hou, met bieëry wat op 17 November begin en tot 24 November duur.
Die RCC adverteer op die oomblik 45 kategorieë van toerusting, wat onder meer 48 padskrapers, 13 voorlaaiers, 11 gladdedromrollers, vyf dieseltenkwaens, vyf trekkers, ''n huiskraantrok, ’n vurkhyser en ’n wipwa insluit.
Volgens ’n aanlyn advertensie word die toerusting voetstoots verkoop. Die verkope van bates is onopgeskort, wat beteken voornemende kopers sal nie tyd hê om finansiering te reël nadat ’n bod toegestaan is nie.
Die verkoop is ook nie onderhewig aan enige voorwaardes deur die koper nie. Van die toerusting is oud en dateer uit die 1960''s, 70''s en 80''s, hoewel die meeste van die toerusting uit die vroeë 1990''s tot uit 2012 dateer. Van die toerusting is nog in ’n werkende toestand terwyl ander gestroop is.
Die RCC se hoof uitvoerende beampte, mnr. Tino !Hanabeb, het gesê die veiling word gehou om die semi-staatsinstelling “se bateregister skoon te maak”.
Hy het gesê baie van die toerusting is landwyd versprei, is oud of sou andersins as skroot verkoop word. Hy het egter erken die veiling word ook gehou weens die finansiële krisis wat die maatskappy in die gesig staar.
!Hanabeb het gesê dit sou nie raadsaam wees om van die toerusting te hou nie, aangesien dit maar ’n gemiddeld van 180 tot 190 uur per maand gebruik word.
“As ons dit nie gebruik nie, hoekom hou ons dit?” het hy gevra.
By die aankondiging van die RCC se omstrede 150-dag-omkeerstrategie in Januarie 2015, het die voormalige, waarnemende hoof uitvoerende beampte, mnr. Pieter Oosthuizen, gesê ’n herevaluering van die maatskappy se masjinerie en toerusting het bevind dit word nie behoorlik in stand gehou nie, terwyl herstelwerk op masjinerie wat wel nog in ’n werkende toestand is, nie uitgevoer is nie weens ’n gebrek aan geld.
’n Gebrek aan geld is reeds sedert die RCC se ontstaan in 1999 ’n eindelose uitdaging, aangesien dit op die been gebring is sonder enige regeringsfinansiering, sê bronne wat in die verlede deel van die binnekring was.
In sy omkeerstrategie het Oosthuizen gesê die RCC het sedert 2012 gesukkel om op ’n optimale vlak te funksioneer weens onderkapitalisering en dalende inkomstestrome.
Bronne sê die RCC kan nie sy mandaat uitvoer nie, omdat dit aan gesamentlike ondernemings uitgelewer is aangesien meeste grootskaalse pad- en ander konstruksiewerk uitgekontrakteer word.
Die RCC is as ’n openbare entiteit gestig om “werke uit te voer wat verband hou met die konstruksie en instandhouding van paaie of enige ander konstruksiewerk”, wat geboue, brûe, waterwerke, damme, reservoirs, tonnels, kanale, waterleidings, besproeiingswerke, hawens, vliegvelde en spoorwegkonstruksie insluit.
Die bronne het gesê die meeste van die gesamentlike ondernemingsvennote, hoofsaaklik bestaande uit goedgeplaaste en goedverbinde Namibiërs wat met Chinese maatskappye vennootskappe aangaan, trek in wese die toutjies en in die meeste gevalle bring hulle hul eie werknemers en toerusting saam.
Die bron het bygevoeg die RCC het geen toesig oor die gesamentlike ondernemingvennote nie, wat kragtens die maatskappyewet geregistreer is en dus nie deur die RCC geouditeer kan word nie.
PAAIEOWERHEID
Intussen is die RCC se sustermaatskappy, die Paaieowerheid (RA), in net so ‘n groot finansiële verkorsing.
Vroeër dié week is berig dat die gesamentlike vennootskap tussen China Railway Seventh Group en Onamagongwa verantwoordelik vir die bou van die oostelike verbypad van die lughawe af, konstruksiewerk op die projek opgeskort het.
Aveng Grinacker-LTA wat die eerste fase van die dubbele rybaan tussen Windhoek en Okahandja bou, het in Oktober sy verskaffers in kennis gestel dat daar “onverwagse vertragings” in betalings van die RA sal wees.
Vrae is intussen aan Aveng Grinaker-LTA se hoofkantoor in Suid-Afrika gestuur, maar is nog nie geantwoord nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie