RDP benoem kandidate vir topposte
Catherine Sasman - Die Rally for Democracy and Progress (RDP) het kandidate vir die topvierposte benoem wat tydens die party se konferensie op 18 tot 21 April verkies gaan word, ter voorbereiding van die nasionale verkiesings aan die einde van vanjaar.
Die drie presidentskandidate is me. Miriam Hamutenya, asook mnre. Mike Kavekotora en Kandy Nehova.
Kandidate vir die visepresidentpos is mnre. Kennedy Shekupakela, Heiko Lucks en Eino Heelu.
Om die pos sekretaris-generaal ding me. Brünhilde Cornelius en mnre. Walter Ndakondja en Hidipohamba Sheuyange mee.
Kandidate vir die pos adjunk-sekretaris-generaal is mee. Anges Limb en Phyllicia Hercules en mnr. Sibuku Malumbano.
Die RDP se sekretaris van inligting en publisiteit, mnr. Nghiningiluandubo Kashume, het gesê die sentrale komitee het die leierskapkapasiteit oorweeg vir suksesvolle implementering van die party se sosioëkonomiese ontwikkelingsvisies, wat onlangs goedgekeur is.
Hy het gesê hierdie "radikale" transformasieprogram takel kwessies soos werkloosheid onder die jeug, voedselonsekerheid, behuisingstekorte en die probleme in onderwys en gesondheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie