RDP se nasionale konvensie uitgestel
Volgens die party moet die meeste streke die meerderheid van hul konferensies nog afhandel.
Catherine Sasman
Die nasionale uitvoerende komitee (NEC) van die Rally for Democracy and Progress (RDP) het aangekondig hul nasionale konvensie, wat van 18 tot 21 April sou plaasvind, is na 10 tot 12 Mei uitgestel.
Dié aankondiging is verlede week deur die RDP se sekretaris vir inligting en publisiteit, mnr. Nghiningiluandubo Kashume, gemaak.
Die rede vir die uitstel is sodat die streke hul distrik- en streekkonferensies kan voltooi.
Volgens die party moet die meeste streke die meerderheid van hul konferensies nog afhandel. Kunene-Suid en Kunene-Noord is die enigste twee streke waarin die konferensies reeds afgehandel is.
By die party se derde gewone konvensie sal nuwe leiers vir die RDP se topposisies verkies word.
Die drie aanspraakmakers op die posisie van partypresident is me. Miriam Hamutenya, en mnre. Mike Kavekotora en Kandy Nehova.
Kandidate vir visepresident is mnre. Kennedy Shkupakela, Heiko Lucks en Eino Heelu.
Me. Brünhilde Cornelius, mnre. Walter Ndakondja en Hidipohanba Sheuyange ding mee om die posisie van sekretaris-generaal, en mee. Agnes Limbo, Phyllicia Hercules en mnr. Sibuku Malumbano is kandidate vir adjunk-sekretaris-generaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie