RDP waarsku teen 'politieke rampokkery'
Geen geldinsamelingsveldtog is al deur die Rally for Democracy and Progress (RDP) met die oog op aanstaande jaar se verkiesing óf vir 'n nasionale konvensie van stapel gestuur nie.
Gevolglik waarsku die party se sekretaris van inligting en openbare betrekkinge, mnr. Nghiningiluandubo Kashume, partylede, simpatiseerders en ondersteuners om nie slagoffers van “politieke rampokkery” te word wat in sommige streke kop uitgesteek het nie.
“Enige geldinsamelingstrategie moet eers deur die nasionale uitvoerende komitee, dan die sentrale komitee en gevolglik die streekskomitees bespreek word.
“Nadat die partystrukture behoorlik ingelig is oor die doelwitte van die geldinsameling, sal die publiek deur die elektroniese en gedrukte media ingelig word. Dit word gedoen om wanpersepsies en misverstande te voorkom en om skenkers, bydraers en borge die geleentheid te gee om te besluit watter van die party se aktiwiteite hulle wil borg.
“Dit word gedoen om RDP-aktiwiteite van strafregtelike aktiwiteite te onderskei,” het Kashume gesê.
Hy het daarop gewys dat slegs maandelikse bydraes tans deur die party goedgekeur is.
“Die RDP staar 'n toekoms vol finansiële uitdagings in die gesig. Die party sal sy nasionale konvensie teen die einde van die jaar hou en aan 'n algemene verkiesing in 2019 deelneem. Ons kan nie die geleentheid om geld in te samel weens 'n kansvattery in die wiele laat ry nie,” het Kashume bygevoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie