Realistiese grondeise
Realistiese grondeise

Realistiese grondeise

Dani Booysen
Openbare sittings van die presidensiële kommissie wat ondersoek na voorvaderlike grondeise instel, duur voort.

Weer moet ‘n mens sê dat enige uiteindelike regeringsbesluite in die verband uiters versigtig oorweeg sal moet word. President Hage Geingob het reeds die versekering gegee. Enige besluite moet prakties, finansieel en ekonomies sin maak.

In die proses kry Namibiërs ‘n belangrike geleentheid om van mekaar en ons verledes te leer. Of absoluut onuitvoerbare eise tot die gesprek bydra, is egter ‘n ope vraag.

Byvoorbeeld eise vir die onteiening van, of vergoeding vir groot stukke grondgebied, en die opeis van alle regte op daardie grond. Republikein is op rekord dat die hele land se grense nie oorgetrek kan word nie. Hiermee word nie gesê dat uitvoerbare herstel- en bemagtigingsprosesse glad nie moet plaasvind nie.

‘n Oefening met viskwotas het reeds bewys dat benadeelde gemeenskappe nie noodwendig noemenswaardige, of selfs enige praktiese voordele uit hul insluiting by die toedeling van ‘n hulpbron trek nie.

Volgens ons staatsmodel behoort sulke bronne aan die staat – wat dit tot voordeel van alle inwoners, en kom ons sluit voorheen benadeeldes hierby in, moet bestuur. Die vraag is of die regering die plig genoegsaam nakom.

Die ontginning en ontwikkeling van bronne verg miljoene en selfs miljarde dollars.

Realisme moet die debat lei. Om verledes van ‘n eeu en langer gelede te herskep, is eenvoudig nie moontlik nie.

Versoeke vir die herbenoeming van sekere plekke kan wel sinvol deur die kommissie oorweeg word.

So sê ander

6 Augustus 2019

Scrapping J&K's special status is the wrong way to an end

Jammu and Kashmir has been a theatre of muscular Hindutva nationalism, in the early decades in script and since 2014 in performance.

Adopting a highly militarist approach to separatism, and shunning political process entirely since 2014, the BJP has now delivered on a promise it has long made, by abrogating the special status that Jammu and Kashmir had enjoyed in the Constitution through a combination of executive and parliamentary measures. Additionally, the State is being downgraded and divided into two Union Territories.

This move will strain India’s social fabric not only in its impact on Jammu and Kashmir but also in the portents it holds for federalism, parliamentary democracy and diversity.

The special status of J&K was meant to end, but only with the concurrence of its people. The Centre’s abrupt move disenfranchised them on a matter that directly affected their life and sentiments. Moreover, that this was done after a massive military build-up and the house arrest of senior political leaders, and the communications shutdown reveals a cynical disregard of democratic norms.

Whatever its intent in enabling the full integration of Jammu and Kashmir with India, Monday’s decision to alter the State’s status could have unintended and dangerous consequences.

• THE HINDU

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!