Rebelle gevra om oor te gee
Rebelle gevra om oor te gee

Rebelle gevra om oor te gee

Gevegte in die Filippynse stad Marawi wat deur Islamitiese rebelle beset word, duur voort.
Die Filippynse weermag het Islamitiese militante wat 'n stad in die suide van die land beset, gister gevra om hulself oor te gee op die agste dag dat gevegte in die stad Marawi woed.
Die weermag gebruik panserkarre en vuur missiele uit helikopters in pogings om die militante uit te roei.
Die regering sê hulle is op die drumpel om Marawi te herower van die Maute-groep wat bande met die Islamitiese Staat-groep (IS) het. Die Maute-groep het dele van die stad beset nadat regeringsmagte nie daarin kon slaag om Isnilon Hapilon, die militante se sogenaamde emir in Suidoos-Asië, in hegtenis te neem nie.
Met helikopters wat oor die stad sirkel waar rookkolomme uit sommige geboue borrel, was troepe besig om rebelleposisies te ontruim midde ontploffings en outomatiese geweervuur.
Meer as 100 mense, van wie die meeste militante was, is volgens die weermag reeds dood. Die meeste van die stad se inwoners het gevlug.
'n Katolieke priester wat saam met 'n dosyn burgerlikes deur die rebelle aangehou word, het 'n beroep op pres. Rodrigo Duterte gedoen om hul lot in ag te neem en die militêre optrede te staak.
Al het die meeste mense gevlug, is duisende nog gestrand en vrees dat hulle deur die militante onderskep sal word indien hulle probeer vlug. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!