u2018ReconAfrica voorgehou as redderu2019
u2018ReconAfrica voorgehou as redderu2019

‘ReconAfrica voorgehou as redder’

Frank Steffen
Frank Steffen – Die gemak waarmee die Kanadese olie- en gasmaatskappy Reconnaissance Energy (ReconAfrica) se omgewingsimpakstudie (EIA) in 2019 aanvaar is en die gevolglike toekenning van ‘n omgewingklaringsertifikaat (ECC) “terwyl mense nog nie behoorlik ingelig is nie”, is ‘n blatante skending van artikel 7 van die Omgewingswet van 2007.

Me. Rinaani Musutua van die Economic & Social Justice Trust het tydens ‘n bespreking oor die maatskappy se beplande olie- en gaseksplorasie in die Kavango-kom gesê ReconAfrica het tot op hede elke wet met betrekking tot hul aktiwiteite verbreek het en dat selfs ‘n arbeidsinspekteur in Februarie vanjaar toegang tot die perseel geweier is.

Sy vrees dat Namibië sy reputasie as die “omgewingshoofstad van Afrika” gaan verloor. Die gespreksleier tydens die geleentheid wat deur Women’s Leadership Centre gereël is, die arbeidskenner mnr. Herbert Jauch, het ReconAfrica se eksplorasie-aktiwiteite in die Kavango as ‘n twyfelagtige projek beskryf.

“ReconAfrica word aan Namibiërs voorgehou as ‘n redder, maar ons het voorheen dié tipe beleggings gesien,” het hy gewaarsku.

Volgens hom is die soektog na olie die verkeerde teken wat die Namibiese regering kan gee in ‘n tyd waarin hernubare energieë elders in die wêreld besig is om te styg en die land voorheen aangedui het dit sal groen oplossings omarm.

Nog ‘n deelnemer aan die gesprek, ‘n voormalige eksplorasie- en bedryfsgeoloog by BP, mnr. Matt Totten (jr.) het verwys na die maatskappy HRT wat in 2103 ook in Namibië verheerlik is nadat hulle na bewering ‘n aflandige oliebron ontdek het.

“Ek dink hulle het na die derde booroefening gevou,” het hy gesê

Totten (jr.) het die feit gekritiseer dat ReconAfrica alleenlik staatgemaak het op historiese aëromagnetiese data om hul oortuiging van 'n olieveld te verklaar wat veronderstel is om miljarde vate olie op te lewer.

Hy het ‘n kaart gewys wat duidelik ‘n hoër kans van olie in die Owambo-kom toon. Tog is geen olie hier tydens omvattende soektogte en toetsboorgate in die sestiger- en sewentigerjare gevind nie.

“Dit is inligting wat ReconAfrica beskikbaar gestel het. Wanneer daar dus geen olie in ‘n gebied is met ‘n baie groter kans vir speling nie, is daar ‘n selfs minder kans om olie in die Kavango-kom raak te boor,” het hy gesê.

Sy grootste kommer is egter dat ongeag of daar bietjie of geen olie nou gevind word nie, skaars grondwaterbronne deur ondersoekende putte in gevaar gestel word en ‘n bewaringsgebied aan olieverkennende aktiwiteite onderwerp word. Dit terwyl Namibië die groenlig vir ‘n groot 5 gigawatt-sonkragaanleg gegee het. Met verwysing na die maatskappy se aankondiging dat hulle vyf gaseenhede in hul weefselmonster ontdek het, sê Totten (jr.) “’n blikkie boontjies het meer gas as dit”. Oor hul verwysing na die teenwoordigheid van petroleum in hul eerste twee putte, het hy gesê die boor van put 6-2 was veronderstel om 3 800 meter te bereik en is op 2 294 meter gestop.

“Put 6-1 was veronderstel om tot 3 800 meter te gaan, maar dit is gestop op 2 780 meter. Geen bronrots is gevind nie en hulle het nie die uiters belangrike boorstamtoets vir ons gewys nie. Tog beweer hulle hulle was suksesvol terwyl hulle vroeër verklaar het die oliereserwe kan so diep as 6 000 meter wees.”

Totten (jr.) het ook na ‘n grafiek verwys van die onlangse geskiedenis van die tuimelende aandeleprys van ReconAfrica op die Kanadese aandelebeurs om te wys dat die beleggers kennis van die belegging geneem het en wat bewys vorige aankondigings dra geen gewig nie. Hy het ook gemaan Oilprice.com word nie as ‘n betroubare bron beskou nie aangesien hul eienaars in die Recon-aandele belê het en voordeel trek om die prys op te stoot. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!