Red die hoofstad
Pessimiste sou seker verwag het die geldsake van Windhoek se munisipaliteit sou net meer beroerd raak.
In weerwil van 'n regrukaksie wat in 2017 onder aanvoering van die nuwe uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, moes begin het.
Die koste van politieke binnegevegte kan ongelukkig nie volledig in state verreken word nie. En die resessie kan ook nie skuld vir alles kry nie.
Die tegniese bankrot hoofstad se tekort het vir die 2018-boekjaar tot kort duskant N$1 miljard gegroei. Die vorige jaar se geouditeerde finansiële state is ook nog nie aanlyn beskikbaar nie.
Voor ons kom by finansiële raad aan Windhoek se munisipaliteit wat letterlik jaar in en uit dieselfde bly (vorige verslae van die ouditeur-generaal se kantoor bied ryke leesstof), kom ons begin by die mees basiese vorm van finansiële verantwoording – 'n begroting.
Verlede jaar is 'n volledige begroting nie aan die media beskikbaar gestel nie en byna twee maande sedert die nuwe boekjaar afgeskop het, is inwoners en Namibië as geheel steeds in die duister oor verwagte inkomste en uitgawes. Tariefverhogings word wel gou en luid verkondig.
Inwoners is geregtig om te weet waarop elke sent bestee word. Die storie dat die minister eers die begroting moet goedkeur, is deel van 'n blufspel wat niemand langer mag duld nie.
Windhoek raak dieper in die rooi weens die onvermoë om basiese verpligtinge na te kom, byvoorbeeld goeie dissipline, gesonde kontantvloei en kommersieel lewensvatbare besluite.
Die prys van die krisis groei elke oomblik.
So sê ander
19 Augustus 2019
Kim fokus op eie oorlewing
Die probleem met pres. Donald Trump se beleid teenoor Noord-Korea is nie die feit dat hy vrede met dié kommunistiese diktatuur (naas Kuba die enigste ter wêreld) wil maak nie. Enige beleid wat vrede bevorder, moet in beginsel toegejuig word.
Die probleem is eerder dat Trump sy eie onderhandelingsvermoëns oorskat en nie die Noord-Koreane behoorlik verstaan nie.
Trump se lofwaardige toenadering tot Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, is beantwoord met 'n kombinasie van glimlagge en omhelsings in die openbaar, maar in die praktyk verander bitter min.
Kim se hoogste prioriteit is sy regime se politieke oorlewing. Alle ander oorwegings is onderhewig daaraan.
Hy het gesien wat gebeur het met die diktature van Saddam Hoesein in Irak en Moeammar Ghaddafi in Libië nadat dié van hul kernwapenprogramme afgesien het.
Hy sien ook hoe die Iranse regime se opskorting van dié se kernwapenprogram deur Trump met nóg strenger sanksies “beloon” word.
Die logiese gevolgtrekking daaruit is dat die besit van kernwapens 'n waarborg vir oorlewing is.
Trump se befaamde onderhandelingsvermoë beteken nie veel vir Pjongjang nie.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie