Red die Omatjete-olifante
Verskeie organisasies, bewaringsgebiede en lodges pleit dat die grootvoete van die Ugabrivier nie verwyder en verkoop word nie.
Francoise Steynberg – Verskeie toerisme- en omgewingsorganisasies, kommunale bewaringsgebiede en lodges is gekant teen die verwydering en verkoop van die Omatjete-olifante in die Noordweste, want dit sal 'n geweldige negatiewe impak op toerisme hê.
Dit volg nadat die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme vroeg in Desember altesaam 170 olifante in Namibië te koop geadverteer het in reaksie op die droogte, 'n toename in hul getalle en 'n toename in konflik met mense.
Die 170 olifante te koop is van kommersiële boerderygebiede by Omatjete en Kamanjab in die Noordweste, asook van die Grootfontein-Kavango- en die Grootfontein-Tsumkwe-gebiede in die Noordooste.
Altesaam 30 olifante in die Omatjete-omgewing word aan Namibiërs en buitelanders te koop aangebied, maar die organisasies, bewaringsgebiede en lodges meen sogenaamde woestynaangepaste olifante kan deel wees van dié wat gereeld die Ugabrivier en omliggende gebiede besoek, wat 'n groot trekpleister vir internasionale toeriste is.
Een van die omgewingsorganisasies is die Kunene Environmental Protection Association (Kepa) wat verlede week saam met meer as 30 ander rolspelers briewe van teenkanting aan die ministerie oorhandig het.
“Dit moet verstaan word dat die rolspelers wat die briewe onderteken het, aansienlike belange het en/of grootliks afhanklik van die toerismesektor in die bewaringsgebiede van Tsiseb, Sorris-Sorris en Doro Nawas is. Deur gesamentlike vennootskappe, finansiële bydraes, werksgeleenthede en vaardighede-ontwikkeling word direk of indirek waarde aan gemeenskappe van bewaringsgebiede voorsien,” lui Kepa se brief.
“Besienswaardighede en geriewe word ook voorsien aan die toeriste wat Namibië besoek. Die omvang van hierdie voordele is grootliks afhanklik van die kliëntewaarde van die toeriste wat op sy beurt hoogs afhanklik is van die besienswaardighede wat toeriste lok.”
Volgens Kepa en die rolspelers heers groot kommer oor die gevolge as die olifante verwyder word van die reeds sensitiewe ekologie van die gebiede, asook die impak daarvan op natuurbewaring.
“Die rolspelers aanvaar en verstaan ten volle die uitdagings van mens-olifant-konflik in die spesifieke gebied. Ons is oortuig daarvan die verwydering van die Ugab-olifante sal toerisme in hierdie bewaringsgebiede stop en die gemeenskapsbewaringsmodel (CBNRM) sal skaad,” lui die brief.
Kepa en die rolspelers meen mens-olifant-konflik kan deur nuwe inisiatiewe verminder, bestuur of voorkom word om 'n aanvaarbare balans te bereik.
“'n Meer kliniese benadering tot die probleem geld by gebiede waar daar nie 'n inkomste uit toerisme verdien word nie. Ons versoek dus dat 'n moratorium geplaas word op die verwydering van woestynaangepaste olifante in die gebiede waar die Ugab-troppe loop,” is hul pleidooi.
“Anders sal die CBNRM-model waarvan Namibië 'n pionier is, ineenstort en die toerismesektor wat al reeds ly, sal groot verliese ervaar.”
Aansoeke om die olifante te koop, moet teen môre by die ministerie ingehandig word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie