‘Red die toerismesektor’
Terwyl toeriste hul reise en lugrederye hul vlugte weens die onduidelikheid van toerismeregulasies kanselleer, sluit lodges hul deure.
Francoise Steynberg en Ronelle Rademeyer – Die Namibiese toerismebedryf het ’n noodsein na die regering gestuur vir duideliker regulasies om die bloeiende toerismesektor te red.
Dit volg terwyl onderhandelinge tussen die toerismetaakspan, die ministeries van die omgewing, bosbou en toerisme en van gesondheid en maatskaplike dienste, asook die prokureur-generaal steeds voortduur en gegewe dat lugrederye hul vlugte en buitelandse toeriste hul reise gekanselleer het en ál meer lodges toemaak.
Intussen het Europese lugvaartorganisasies die afgelope week ’n dringende beroep op lande gedoen om, met die Kersvakansie om die draai, kwarantynmaatreëls te vervang met geharmoniseerde Covid-19-toetse voordat passasiers vertrek.
“Ons moet leer om met die virus saam te leef en te reis. Die hervatting van ongehinderde lugverkeer en die vrye kom en gaan van mense op ’n veilige wyse in Europa, moet die prioriteit wees.”
Só lui ’n brief wat die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata), Lugrederye vir Europa (A4E) en ander lugvaartorganisasies saam met die reis- en toerismesektore aan die president van die Europese Kommissie, me. Ursula von der Leyen, asook Europese staatshoofde en gesondheidsministers gestuur het.
Hulle lê daarin die raamwerk vir ’n toetsprotokol vir reisigers dwarsoor Europa voor.
Iata het Vrydag in ’n verklaring gesê 65% van Europese reisigers het tydens ’n opname gesê kwarantynmaatreëls moet nie geld wanneer passasiers negatief vir Covid-19 getoets het nie.
Die meerderheid toeristebesoeke aan Namibië is uit Europa afkomstig.
PLAASLIKE TOERISMEBEDRYF
“Die onsekerheid is baie skadelik vir Namibië se beeld as reisbestemming. Elke bietjie hoop wat opbou, word met die volgende besluit weer toegeklap,” sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me Gitta Paetzold.
Volgens haar het Condor verlede week weens die onsekerheid aangekondig dat hy sy vlugte na Windhoek en Kaapstad nou eers in Junie 2021 sal heroorweeg, en nie in Januarie soos aanvanklik aangekondig is nie. Condor sal wel hul vlugte na Oos-Afrika hervat.
REGULASIES
Die toerismesektor was geskok toe nuwe Covid-19-regulasies Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer is sonder dat die Toerismeherlewingsinisiatief daaroor geraadpleeg is.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, se wysigings aan die regulasies is enige persoon buiten iemand wat die land vir toerismedoeleindes binnekom, onderworpe aan kwarantyn.
Dit behels alle buitelandse toeriste moet dadelik na hul vooraf bespreekte bestemmings reis en vir vyf dae daar bly. Die owerhede moet van die bestemming ingelig word.
Buitelandse toeriste moet op die vyfde dag ná aankoms by ’n gesondheidsbeampte vir ’n Covid-19-toets aanmeld.
Op die sewende dag ná aankoms, moet buitelandse toeriste die gesondheidsbeampte kontak om die uitslae van die Covid-19-toetse te ontvang. Indien die toets positief is, is buitelandse toeriste onderworpe aan verpligte isolasie onder toesig.
Die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismeverenigign (Fenata), me. Netumbo Nashandi, het die naweek aan Republikein gesê ’n dringende beroep is opnuut aan die gesondheid- en omgewingsministeries gerig in ’n dokument met agt punte vir meer duidelikheid oor die regulasies.
“Die toerisme-ekonomie moet dringend weer op sy voete kom. Toerisme is almal se besigheid en dringende duidelikheid is nodig,” het sy gesê.
Paetzold sê: “Só verloor ons meer en meer tyd, besprekings en vertroue.”
Me. Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toerisme- en Safarivereniging (Tasa), sê die Covid-19-toets op die vyfde dag is ’n afskrikmiddel vir buitelandse toeriste, veral die moontlikheid om na isolasiegeriewe te gaan indien positief getoets word.
“Die logistiek vir toeriste om op die vyde dag in veral afgeleë gebiede te toets, is ’n groot uitdaging.”
Ahrens sê die negatiewe toetsuitslag teen Covid-19 wat met aankoms ingedien word, bied genoeg sekuriteit.
“Hul kans om Covid-19 tydens ’n reis na Namibië op te doen, is minimaal, want hulle reis saam met passasiers wat almal negatiewe toetse het. Die meeste lugrederye aanvaar nie passasiers sonder ’n negatiewe toets nie.”
Intussen is terugkerende Namibiërs ontstoke omdat hulle vir 14 dae op eie onkoste in kwarantyn moet gaan, ondanks ’n negatiewe Covid-19-toets.
“My man is ’n Duitse burger. As ons Namibië toe kom, moet ek in kwarantyn gaan en hy kan gaan toer. Hoe werk dit?” vra me. Mariana Wagner uit Duitsland.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie