u2018Red land een SMS op 'n slag,u2019 su00ea AR
u2018Red land een SMS op 'n slag,u2019 su00ea AR

‘Red land een SMS op 'n slag,’ sê AR

Die beweerde planne van die nasionale kiesliggaam om dr. Job Amupanda en kie te kort­wiek, verras nie, sê dié aktivis.
Denver Kisting
Denver Kisting – Ofskoon hulle nie werkloos of arm is nie, het die Regstellende Herposisionering (AR) verlede week 'n SMS-lyn bekend gestel waarmee dié beweging sy 2020 verkiesingsveldtog wil finansier.

Tot dusver, sê die grondaktivis, akademikus en vuurvreter dr. Job Amupanda, het hulle die AR uit hul eie sakke aan die gang gehou met die hulp van weldoeners. “Ons is nie werkloos nie. Ons is nie arm nie.”

Hy sê die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se beweerde pogings om die AR se aansoek te kortwiek om as 'n politieke organisasie te registreer, kom as geen ­verrassing nie.

“Al die truuks wat gebruik word, is perfek dié wat ons verwag het. Dit is geen verrassing nie.”

Amupanda sê hulle is gerat vir die struikelblokke. “Daar is geen vraag oor registrasie nie – hetsy op 'n vlot manier of vyandig. Ek dink nie hulle (die ECN) was sielkundig voorbereid nie.”

Die aktivis meen hul beweging is nie te koop nie. “Ons het geen toegang tot Fishrot-miljoene nie. Ons maak van vernuwende maniere gebruik om fondse op 'n deursigtige manier in te samel.”

Trouens, sê hy, hulle het reeds stem dik gemaak teen korrupsie lank voor dit mode was.

Een van dié vernuwende maniere is 'n SMS-lyn waartoe weldoeners kan bydra om die AR finansieel te ondersteun om later vanjaar aan die plaaslike en streekowerheidsverkiesings deel te neem, het Amupanda verlede week op 'n nuuskonferensie in Windhoek gesê. “Ja, ons het nie Fishrot-geld nie, maar ons gebruik ons breine.”



ECN ONTKEN VERTRAGING

Intussen sê die ECN by monde van sy hoofkiesbeampte, mnr. Theo Mujoro, dit is onwaar dat hulle die AR se registrasie as 'n politieke organisasie met opset laat sloer.

“Daar is geen vertraging in die verwerking van die aansoek van die Affirmative Repositioning om as 'n vereniging te registreer nie.”

Volgens hom is hulle tans besig om sewe aansoeke van politieke liggame te verwerk. “Dié is 'n heen-en-weer-proses, wat behels om vir aanvullende inligting te vra en klarigheid te kry van aansoekers wat sekere aangeleenthede betref.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer