Red landbousektor só
Die landboubedryf het 'n laagtepunt bereik en moeilike, maar dapper stappe sal geneem moet word om dit om te draai, sê rolspelers.
Elvira Hattingh
“Landbou is 'n drywer en 'n bepalende faktor vir groei – as dit positief is, dan is die groter ekonomie ook positief. Landbou is só belangrik, daarom moet dit weer op koers kom.”
So het dr. Helmke von Bach, verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam), gister tydens 'n landboukonferensie in Windhoek gesê. Die tema was “landbou, geskik vir die toekoms – robuust, veerkragtig en vinnig om te reageer”.
“Die huidige negatiewe landbougroei is deels verantwoordelik vir Namibië se krimpende bruto binnelandse produk (BBP). Ons weet, as daar 'n droogte is, vaar die ekonomie ook sleg,” het hy verduidelik.
Kenners het tydens die geleentheid egter gesê 'n herstel van produsente-vertroue in die regering, die privatisering van groenskemas en voldoende befondsing van die direktoraat van veeartsenydienste (DVS) is enkele sake wat aandag sal moet geniet voor landbou weer kan groei.
“Landbou ervaar tans 'n laagtepunt, met 'n uitgerekte droogte as die grootste oorsaak,” het mnr. Paul Strydom, die Vleisraad van Namibië se algemene bestuurder, gesê.
Hy meen binne die volgende vyf jaar moet beleidsvoorkrifte so bestuur word dat dit die beginsels van 'n vrye mark onderhou. Dit kan help om produsente se gebrek aan vertroue in die regering te herstel, wat beteken hulle sal weer belê in hul boerderye en aanhou produseer.
Hy het gesê beide bees- en skaapbemarking het tot in Julie vanjaar algeheel met tussen 45% en 56% gedaal, terwyl uitvoere van bokke na Suid-Afrika ook tot 74% minder was.
“Dit het 'n rimpeleffek op inkomste en sekondêre bedrywe,” het hy gesê. “Die vinnigste manier om landbou se BBP te verbeter, is om die verkoopswaarde van produkte te verbeter. As ons wil keer dat beeste as speenkalwers uitgevoer word, moet gemiddeld minstens N$57 per kg vir bees by abattoirs betaal word.”
Strydom meen ook ten einde beter produksie moet groenskemas geprivatiseer word, terwyl gefokus moet word om onderbenutte grond of plase wat nie optimaal produseer nie op koers te kry.
Von Bach het gewys landbouproduksie het oor die lang termyn nie tred met plaaslike bevolkingsgroei gehou nie. Volgens hom sluit die probleem in dat veral veeprodusente in 'n koste-knyptang vasgevang word, waar koste vinniger as hul inkomste styg.
Hy sê dat landbouproduksie tydens elke droogte bykans ineenstort, hoewel dit vinnig weer herstel.
Hy meen die heen-en-weer-tendens wat deur droogtes veroorsaak word, moet aangespreek word sodat dit nie elke keer so 'n groot impak op die ekonomie het nie.
AKKERBOU
Dr. Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Namibiese Akkerbouraad (NAB) het tydens die geleentheid gesê indien Namibië selfvoorsienend in grane soos witmielies, mahangu en koring wil wees, sal altesaam sowat 38 877 ha méér onder produksie geplaas moet word.
Dit, omdat Namibië tans in net sowat 35% van sy eie vraag na witmielies voorsien en ook net in 9% van sy eie koringproduksie. Terselfdertyd is daar oor die afgelope tien jaar gemiddeld net 1 000 ton mahangu formeel bemark, terwyl nog 3 492 ton ingevoer moes word.
Hy het ook gewys dat droogtes graanproduksie kwaai raak.
“Ons moet 'n behoorlike strategie in plek hê en kan nie op reën staatmaak as ons selfvoorsienend wil wees nie. Ons sal onder besproeiing moet produseer,” het hy gesê.
Hy het ook na die groenskemas gewys, wat 'n gemiddelde bydrae van net sowat 54% tot nasionale witmielie-oeste maak, terwyl private produsente 46% bydra.
“Groenskemas, wat 2 863 ha onder besproeiing tot hul beskikking het, oes net gemiddeld sowat 12 900 ton, terwyl hulle tot 28 630 ton behoort te kan oes, asook nog 20 000 ton koring per jaar,” het hy gesê. “Ons moet kyk hoe ons die beste voordeel uit dié infrastruktuur kan trek,” het hy gesê.
Wat die verbouiing van groente betref, voorsien die land in sowat 47% van sy eie vraag danksy die markaandeel-bevorderingskema (MSP). Vrugteproduksie skiet egter ver tekort, met net 3% van die vrugte wat in Namibië verbruik word, wat plaaslik geproduseer word.
Een van die grootste uitdagings vir plaaslike produksie is insetkoste, waarvan elektrisiteit tussen 20% en 25% opmaak, sê Mwazi. Nog struikelblokke is ondoeltreffendce adviesdienste aan gemeenskappe en boere, 'n gebrek aan stoorfasiliteit vir surplusproduksie en ook peste en plae.
STRATEGIE
Die minster van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het gesê die doel van die konferensie is om met praktiese idees en strategieë vorendag te kom om 'n ommekeer in die land se landbousektor teweeg te bring.
“Aanbevelings uit dié konferensie sal deel vorm van die private sektor se insette in die landbouvoedselsektor se strategiese dokument, wat tans met die steun van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) geformuleer word.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie