Red ons van die riool
DORETTE VOS SKRYF:
Graag wil ons ’n hulpkreet na u uitreik aangaande die dreine in Bethanie.
Die Village Council se tariewe is buitensporig duur en pleidooie om dit bekostigbaar te maak, val op dowe ore. Ons hele nedersetting spook al jare, sonder enige resultate, daarom dat ons met die ernstige probleem sit dat die dreins nie gepomp word nie.
Die polisiehuise, barakke en laerskoolkoshuis se dreine loop al vir jare oor. Dis al permanente riviere in Bethanie.
Dit word een maal in ’n lang tyd gepomp, om net weer ’n dag of week later oor te loop. Ons sien daagliks hoe die diere die water drink en die inwoners daardeur loop en dit is naby die hotel se kampeerterrein, dus kan ons geen toeriste daar ontvang nie.
Soos u self weet, het ons al vir drie maande geen toeriste nie en dan ook nog die geweldige stank, muskietprobleem en groot gesondheidsrisiko wat dit vir mens en dier inhou. Ons is absoluut raad-op en sal as daar nie nou ingegryp word nie, ons deure permanent moet sluit.
Ons praat maandeliks met die gesondheidsdepartement in Keetmanshoop, maar geen oplossings!
Aangeheg is 'n paar fotos, wat ons ook gereeld Keetmans toe stuur. Asseblief, asseblief, ons het dringend u hulp nodig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie