Redakteursforum kap spioenasiediens oor  muilbandsaak
Redakteursforum kap spioenasiediens oor muilbandsaak

Redakteursforum kap spioenasiediens oor muilbandsaak

Ronelle Rademeyer
Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het ‘n beroep op die Sentrale Intelligensiediens van Namibië (NCIS) gedoen om die aansoek vir ‘n dringende hofinterdik teen die weekblad The Patriot terug te trek.

Die aansoek, waarin die spioenasiediens probeer keer dat inligting oor eiendomstransaksies, waaronder plase, gepubliseer word, dien Vrydag in die hof.

Die EFN sê in ‘n verklaring hy veroordeel die gebruik van drakoniese wetgewing uit die apartheidstyd om die media te muilband.

Die aansoek om hierdie weekblad en sy redakteur, mnr. Mathias Haufiku, te verbied om die berig te publiseer, is ingevolge die Wet op die Beskerming van Inligting van 1982 gebring.

Die direkteur-generaal van die NCIS, mnr, Philemon Malima, het die aansoek Donderdag namens die spioenasiediens en die regering ingedien, waarna dit tot Vrydag vir verhoor uitgestel is.

Mnr. Joseph Ailongo, voorsitter van die EFN, sê ofskoon die aansoek nog aangehoor moet word, het die spioenasiediens reeds daarin geslaag om die publisering van die artikel te briek, aangesien Haufiku en The Patriot se uitgewer, me. Hilda Basson-Namandjebo, ingestem het om dit voorlopig te onttrek.

"Dit is ’n skande dat ’n apartheidswet steeds op die Namibiese wetboeke is en dat dit deur die huidige regering gebruik word om die media te muilband en geheimhouding te bevorder," sê Ailongo.

"Hierdie regsaksie is teen die gees van dít wat pres. Hage Geingob verlede jaar tydens Wêreldpersvryheidsdag gesê het, naamlik solank as wat hy die staatshoof is, is mediavryheid gewaarborg."

Ailonga wys verder daarop dat Geingob gesê het verantwoordbaarheid en deursigtigheid skep vertroue.

Hy sê die spioenasiediens se optrede lê dit in die naam van nasionale veiligheid aan bande.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!