Redakteursforum kies nuwe komiteelede

Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het ’n nuwe uitvoerende komitee en paneellede vir die mediaklagtekomitee en media-appèllekomitee gekies.

Joseph Ailonga, stasiebestuurder van Energy 100FM, is vir ’n tweede termyn van twee jaar tot voorsitter van die EFN verkies.

Volgens Ailonga is dit baie belangrik om mediavryheid in Namibië te handhaaf en om die land se internasionale gradering te herstel.

Die fasilitering van opleiding vir joernaliste en die uitbreiding van die EFN se lidmaatskapbasis sal volgens Ailonga belangrike doelwitte van die nuwe uitvoerende komitee wees.

Ander lede van die nuwe komitee is: Wilfried Hähner van Hitradio Namibia as adjunkvoorsitter, Alna Dall van One Africa Television as sekretaresse, en Christof Maletsky van The Namibian as tesourier.

Bykomende lede is Ronelle Rademeyer van Republikein, Willem Steenkamp van One Africa TV en Peter Denk van NBC.

Die uitvoerende komitee is deur die algemene jaarvergadering aangestel om twee addisionele lede, een elk van gemeenskapsuitsendings en aanlyn media, te koöpteer.

Individue is as verteenwoordigers van die gemeenskap en die pers gekies om op die mediaklagtekomitee en die media-appèllekomitee te dien.

Hierdie twee komitees sal onderskeidelik die nuwe media-ombudsman, John Nakuta, tydens die beoordeling van ’n geskil bystaan of tydens enige appèl teen uitsprake.

Die mediaklagtekomitee bestaan uit mnr. Manfred Naobeb, mnr. John Ekongo, generaal-majoor James Tjivikua en mnr. Nehemia Joseph.

Terwyl Emilia Paulus, Gerald Johr, Bernard Gaeb en Yolanda Nel die media verteenwoordig.

Die media-appèllekomitee bestaan uit mee. Coline Bazuin, Aletta Rhode en Martha Angula Ruider as gemeenskapsverteenwoordigers. Die media word deur Hesron Kapanga, Joseph Sheefeni en Christine Venter verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!