Redakteursforum vereer topjoernalistiek
Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het Donderdagaand die wenners van die 2021 EFN Joernalistiek-toekennings by Am Weinberg in Windhoek aangewys, wat vanjaar deur FNB Namibia geborg is.
Toekennings is in sewe kategorieë gemaak. Vryskutjoernalis Sonja Smith is as die 2021 Joernalis van die Jaar aangewys op grond van die gehalte van joernalitieke werk wat sy ingskryf het. Sy het ook die kategorie vir landbou en die omgewing gewen met ‘n berig oor die lewensomstandighede van plaaswerkers by Aussenkehr.
Die wenners in elk van die kategorieë se prysgeld beloop N$10 000, terwyl Smith as Joernalis van die Jaar ‘n verdere N$20 000 ontvang. Aangesien sy olik was, kon sy dit nie self bywoon nie.
Die beoordelaars was Willie Olivier, Norah Apollus en Emily Brown. Hulle het saam byna ‘n eeu se ondervinding in koerant- en televisiewese, asook die akademie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie