Redding nadat ys kabelkarre stuit

Twintig werknemers van die Sandia Piek-sweefspoor was vir ses ure in ’n kabelkar vasgekeer, terwyl nog een eers tien ure later na veiligheid gebring is.
Kristien Kruger
Vasgekeer 26 meter bo grond

Altesaam 21 mense is Vrydagnag in die Amerikaanse deelstaat New Mexico vasgekeer in ’n kabelkar wat weens ys aan die kabels nie kon beweeg nie.

Die 21 is almal werknemers van die Sandia Piek-sweefspoor en die restaurant op die berg. Die kabelkar waarin 20 mense was, was Vrydagaand op pad afwaarts ná hul werkdag, terwyl een mens op pad boontoe was om daar as veiligheidswag in die nag diens te doen.

Die kabelkarspoor is Vrydagaand weens gure weer gesluit.

Een van die mense in die kabelkar het gesê sy was Vrydag vanaf 21:00 in die lug gestrand.

Die reddingsdiens is blykbaar eers Saterdag kort voor 03:00 ontbied. Reddingswerkers moes teen die berg opstap en toe ’n plan beraam om die vasgekeerde mense te red.

Kos, komberse en water is opgehys voordat hulle met ’n toustelsel laat sak is uit die kabelkar wat 26 meter bo die grond gehang het. Die mense is daarna twee-twee per helikopter na veiligheid gebring.

Al twintig was Saterdag teen 13:00 gered.

Die werknemer wat alleen in die ander kabelkar was, was teen 16:00 van die berg af. Dié kabelkar was hoër op en is stadig tot by ’n laer stuttoring beweeg. Hy is daar laat sak.

Niemand is beseer nie.

Luidens berigte het ys ongewoon vinnig aan die kabels gevorm en het die kabels laag gesak.

Gewoonlik duur ’n rit van die berg af sowat 15 minute. Die sweefspoor was Saterdag steeds gesluit.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!