Reddingsboei vir Merkel
Ná uitgerekte onderhandelinge en groot toegewings deur die Christen-Demokratiese Unie, is die koalisie-knoop uiteindelik in Duitsland deurgehaak.
Angela Merkel, Duitse kanselier, is verseker van ’n vierde termyn nadat die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) ten gunste van ’n koalisie met haar Christen-Demokratiese Unie (CDU) gestem het.
Die nuwe regering sal teen die middel van Maart aangekondig word en só maande van onsekerheid beëindig.
Meer as vyf maande nadat die Duitsers op 24 September na die stembus gegaan het, sal Duitsland ’n nuwe regering kry.
Die finale hekkie is Saterdag oorgesteek toe 66% lede van die SPD ten gunste van ’n koalisie met Merkel se CDU gestem het.
Die uitslag is Sondagoggend laat by die SPD se hoofkwartier in Berlyn bekend gemaak.
“Dit was nie ’n maklike besluit vir die SPD nie,” het Olaf Scholz, waarnemende leier van die SPD, gesê.
“In die proses om ’n koalisie te vorm, het die twee partye egter nader aan mekaar beweeg en gee dit ons die mag om met die proses van vernuwing te begin,” het Scholz gesê.
Dit sal die derde groot koalisieregering in Merkel se 13 jaar as Duitse leier wees, maar dit het eers ’n werklikheid geword nadat pogings misluk het om koalisies met die Groenparty en die Vrye Demokrate aan te gaan.
Die Duitse parlement sal na verwagting op 14 Maart vir Merkel as kanselier herkies. Dit sal ‘n einde maak aan die langste tyd wat Duitsland sonder ‘n regering in die land se naoorlogse geskiedenis was.
Van die toegewings wat Merkel in die onderhandelingsproses moes maak, was om die ministeries van buitelandse sake, arbeid en finansies aan die SPD af te staan in ruil vir steun om immigrasie hok te slaan. – Nampa/AP/AFP/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie