Reddingsboei vir plaaslike vermaakbedryf
Die stimiluspakket wat deur die regering bekend gemaak is, sal die plaaslike kunsbedryf ondersteun.
Yandi du Plessis - Die Namibiese Kunsteraad (NACN) onder die vaandel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, het in April vanjaar belowe om 'n veelsydige verligtingsplan vir kunstenaars, wie se loopbane deur die Covid-19-pandemie tot stilstand geruk is, bekend te maak.
Mnr. Patrick Sam, voorsitter van die NACN, en me. Anna Nghipondoka, die minister van onderwys, kuns en kultuur, het amptelik die program verlede Woensdag bekend gestel. “Ons erken die kuns- en kultuurbedryf is kwesbaar. Ons is ook bewus dat kunstenaars en ander in dié bedryf bedreig voel, veral vroue en gestremdes,” het Nghipondoka gesê.“Dit is nou belangriker as ooit om saam te werk en om vrye, regverdige en veilige werksomstandighede te kweek.
”Die verligtingsfonds is op die been gebring met die doel om individuele kunstenaars, kultuurpraktisyns en kuns- en kultuurorganisasies te steun. Die ministerie het N$5,5 miljoen begroot om dié inisiatief te ondersteun. Die fondse sal deur die NACN toegeken word. Dit sal oor 'n tydperk van drie maande, vanaf Junie tot Augustus, op 'n deursigtige en regverdige wyse aan verskillende entiteite toegeken word.
“Die fonds is 'n belangrike bydrae tot die beskerming en bevordering van ons ryk kulturele landskap,” het Nghipondoka gesê.Aansoeke sal deur 'n komitee bestaande uit sewe lede nagegaan en goedgekeur word. Twee ministeriële verteenwoordigers van die direktorate van kunste en die nasionale erfenis- en kultuurprogramme, twee lede van die NACN en drie openbare kandidate sal in die komitee dien. Sy het namens die ministerie 'n beroep op openbare en private radiostasies gedoen om meer speeltyd aan plaaslike kunstenaars toe te staan.Nghipondoka het die plaaslike owerhede gevra om inisiatiewe van kunstenaars en kultuurorganisasies te ondersteun deur gratis venues soos stadsale aan te bied en hulle só toe te laat om hul aktiwiteite uit te voer.Kernaspekte van planDie verligtingsplan is meer kompleks as net die verligtingsfonds. Soos verduidelik deur Sam, bestaan die plan uit vier kernaspekte, waarvan die eerste natuurlik die fonds is.
Daar sal N$800 000 aan projektoelae toegeken word. Kunstenaars word aangemoedig om voorleggings in te dien om vir die fonds oorweeg te word. Elke individu wat aansoek doen sal in aanmerking kom vir 'n maksimumtoelaag van N$2 000. Die doel is dat tussen 300 en 500 kunstenaars hierby baat. Spesiale fondse sal aan onafhanklike kuns- en kultuurorganisasie toegeken word om tydens die noodtoestand hul aktiwiteite voort te sit. 'n Totale bedrag van N$1,5 miljoen word hiervoor opsygesit en elke organisasie kan in aanmerking kom vir 'n maksimumbedrag van N$75 000. Hulle beoog om tussen 20 en 40 onafhanklike organisasies te help.
Openbare organisasies en organisasies waarby kunstenaars direk baat, kom in aanmerking vir 'n toelaag van N$1 miljoen.Kunstenaars kan aansoek doen vir fondse wat geskep is vir programme deur dié organisasies.
Die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) ontvang N$150 000, die Nasionale Teater N$150 000, die College of the Arts (Cota) N$50 000, die Museumvereniging van Namibië N$150 000, die Namibiese Filmkommissie N$250 000, NASCAM N$150 000 en mense in Namibië wat met gestremdhede leef, ontvang N$100 000.
Die tweede aspek van die verligtingsplan is “kuns en kultuur vir almal.”
Met hierdie inisiatief wil die NACN en hul aandeelhouers die sektor uitbrei deur werkwinkels aan te bied wat die bevordering van kunste op nuwe aanlyn platforms, asook intellektuele eiendom en kopiereg sal bespreek. Hierdeur wil hulle ook navorsing doen en data insamel. Sam het voorheen gesê 'n tekort aan data oor die plaaslike kunsbedryf word ondervind en diegene wat daarby betrokke is. Hiermee wil hulle ook die sektor op 'n groter basis bemark.
Derdens wil die NACN kuns- en kultuurgesprekke aanbied. Die gemeenskap kan betrek word deur gesprekke oor die toekoms van die kunsbedryf te midde van Covid-19 te begin. Die twee voorgestelde programme genaamd The Art and Culture Conversations en Chat to the Chair sal van Junie tot Augustus aangebied word. Die vierde pilaar van die verligtingsplan is kuns- en kultuurinisiatiewe, waarvan die kwytskelding van die NACN se lidmaatskapfooie een is. Lede hoef vir een jaar nie die standaardfooi te betaal nie. Kunstenaars en ander betrokkenes word egter aangemoedig om te registreer en sodoende data-insameling te vergemaklik. Hulle beoog om 'n risikoprofiel te skep om beter riglyne aan kunstenaars in tye soos dié te verskaf. Sam sê Namibië se aanlyn teenwoordigheid moet uitgebrei word. In samewerking met die Craft Centre en die Creative Industry Guide gaan 'n aanlyn winkel geopen word om plaaslike kunstenaars se handewerk te verkoop. 'n Nasionale kuns- en kultuurplatform is ook tans ter sprake. Dit sal aanlyn aktiwiteite vir kunstenaars én kunsliefhebbers vergemaklik. 'n Plaaslike digitale maatskappy sal by dié projek betrek word. Ter afsluiting het Sam gesê die agt areas waarop die NACN tans fokus, is samewerking, mobilisering en verspreiding van hulpbronne, bedryfsontwikkeling, onderrig, vennootskappe, aktiwiteite wat deur die NACN gedryf word en laastens om die bedryf te beïnvloed en inspireer. “Die NACN het verpligtinge ten opsigte van ons jaarlikse beurstoekennings en formele vennootskappe met kuns- en kultuurorganisasies. Dié verpligtinge gaan steeds nagekom word ten spyte van die omstandighede waarin ons onsself bevind,” het Sam ter afsluiting gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie