Redekawel steeds met Jan Taks
Francois Williams - 'n Volle R12,8 miljard se agterstallige belasting plus rente en boetes hang nog soos 'n swaard oor Sasol se kop.
Die petrochemiese groep het met die bekendmaking van sy jaarresultate gesê sy filiaal Sasol Oil is steeds in 'n dispuut met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gewikkel oor sy internasionale olieaankope in die 2005- tot 2014-belastingjare.
Sasol Oil bedryf saam met Total, die Franse oliereus, die Natref-olieraffinadery by Sasolburg.
Volgens Sasol het die SAID hersiende beramings uitgereik wat Sasol se belasbare inkomste vir die tydperk kan raak, wat kan lei tot bykomende belasting plus rente en boetes van sowat R1,2 miljard.
Sasol waarsku daar kan bykomende belastingaanspreeklikheid van R11,6 miljard vir 2013 tot 2014 wees gebaseer op sekere belastingbeginsels waaroor hy ook met die SAID in dispuut is.
Die SAID het Sasol die vergunning gegee dat hy nog nie tans die belasting waaroor die dispuut gaan vir 2005 tot 2012 hoef te betaal nie.
Die belastinghof het wel einde Junie ten gunste van die belastinggaarder beslis vir belasting van 2005 tot 2007, en Sasol het 'n aanspreeklikheid van R1,2 miljard in sy finansiële state erken.
Sasol Oil stem egter in konsultasie met sy belasting- en regsadviseurs steeds nie saam met die beslissing nie en het einde Julie aangedui dat hy wil appelleer. Die belastinghof het verlede week sy versoek om appèl aan te teken toegestaan.
Sasol sê 'n moontlike verdere belastingaanspreeklikheid kan vir die belastingjare ná 2014 ontstaan, onderhewig aan die uiteindelike uitslag van die dispuut.
Kristalbal vir 2018
Sasol verwag 'n sterk bedryfsvertoning vir die 2018-boekjaar danksy die herstel in chemikalieë-pryse in dollarterme en verkoopsvolumes van sy Suid-Afrikaanse chemiese produkte wat tussen 3% en 5% hoër kan wees as die vorige jaar.
Sasol verwag sy brandstofverkope sal effens laer onder 60 miljoen vate wees weens beplande sluitings by die Natref-olieraffinadery.
Sasol wil in die 2018-boekjaar R59 miljard se kapitaal bestee, gevolg deur R37 miljard in 2019.
Die groep wil ook sy skuldhefboomverhouding tot 'n vlak van tussen 35% en 44% verhoog. Hy verwag 'n randdollarwisselkoers van tussen R13 en R14,50 en 'n gemiddelde Brent-ruolieprys van tussen US$45 en US$55.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie