Redelike belasting
Redelike belasting

Redelike belasting

Dani Booysen
Die minister van grondhervorming se uitspraak verlede week in die Nasionale Vergadering oor belasting het ‘n belangrike beginsel oor alle vorme van belasting in ‘n neutedop saamgevat.

“Ons moet nie die gans wat die goue eiers lê met nievolhoubare belastings doodmaak nie,” het mnr. Utoni Nujoma gesê.

Met ‘n verlaging in grondbelastingkoerse het Nujoma ‘n hand na boere gereik ná onlangse droogtejare en die ekonomiese inkrimping wat ook sy tol in hierdie steunpilaarbedryf geëis het.

Die voorgestelde kompromie is ‘n verlaging van 0,35% teenoor die NLU se voorstel van ‘n afwaartse aanpassing van 0,4% in die belasting op ‘n plaaslike grondeienaar se eerste plaas. Buitelandse grondeienaars, wat hoër aangeslaan word, ontvang ‘n ewe groot vergunning.

Die Namibiese Landbou-unie (NLU) het baie positief op die minister se aankondiging gereageer, maar benadruk dat die huidige waardasiemodel – die grondslag waarop belasting bereken word – steeds onregverdig is. Republikein het al die belang benadruk om hierdie voortgesette strydpunt so spoedig as moontlik minsaam by te lê.

Die eenvoudige, universele rasionaal waarop Nujoma die ministerie se besluit gegrond het, is dat te hoë belastings teenproduktief en onvolhoubaar is, beleggings ontmoedig en wanbetaling of ontduiking bevorder.

Namibië is bekend vir relatiewe hoë belastings in talle sektore. Dieselfde denkwyse is nodig om ander bedrywe te stimuleer, eerder as om ander ganse, wat goue eiers van wisselende grootte lewer, nek om te draai.

So sê ander

17 September 2017

The China Puzzle

Steve Bannon, the former presidential confidante, was as apocalyptic as ever about China on the eve of his trip to Hong Kong.

On arrival, in a speech to a big investor conference, he seemed to have softened a bit, praising China’s leadership and offering hopes that a trade war could be averted.

Mr. Bannon reflects a basic tension in the Trump administration: whether to challenge China (and if so, where and when) or work with it.

For the foreseeable future, no relationship is more crucial than that between these two nations. Together they can make for a more peaceful world; as adversaries, they can make a mess of things.

There is a template for cooperation, and while it involves an issue in which Mr. Trump has no interest, it provides a glimpse of a way forward. The issue is climate change.

Self-interest and patient diplomacy is a combination that could work to the benefit of the entire world.

• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer