Redelinghuys maak dit twee in 'n ry
Jaco Redelinghuys het vyf van die nege supersneldele ingepalm om sy tweede sege te vier.
Tielman van Lill - Die Walvisbaai-motorklub (WVBMK) het die afgelope naweek sy sewende Shell V-Power Swakop-tydren aangebied waaraan tien spanne in die sedanmotorafdeling deelgeneem het en nog ses spanne in die OR-klas.
Dit was ook die tweede ronde van die nasionale kampioenskap waar jaers en hul navigators waardevolle punte kon insamel. Net soos met die eerste Gobabis-tydren verlede maand, het Jaco Redelinghuys en navigator Dries Booysen met sy 4x4 Gobabis Toyota Yaris S2000 die S3-klas oorheers en algeheel eerste in 1 uur 7 minute 12 sekondes gewen.
Allan Martin en Maretha Olivier het met Groenmamba, Martin se 4x4 J&P Hydraulics VW Polo S2000 in die S4-klas, gejaag en het sy klas in 'n tyd van 1:07:31 gewen. Martin het drie van die nege sneldele ingepalm en een met Redelinghuys gedeel om 'n skrale 19 sekondes stadiger op sy tydkaart aan te teken.
Vir Wilro Dippenaar en Riaan van der Westhuizen wou sake in hul S3-klas PZN Racing 4x4 Shell V-Power Toyota Auris S2000 nie heeltemal in die S4-klas vlot nie. Dippenaar het in die eerste twee sneldele behoorlik gevlieg, maar 'n gebreekte wielnaaf het die Auris in sneldele 3, 4 en 5 gepootjie waar hy meer as 16 minute verloor het.
Dippenaar moes later weer onder die supertydrenreëls inskryf en kon in sneldele 6 en 7 weer rekenskap van homself gee. Hy verloor egter kosbare sekondes in die laaste twee trajekte, wat hom 'n totale tyd van 1:24:00 en die algehele derde plek besorg.
Dippenaar het vanjaar in die eerste twee kompetisies met sy Auris in die S4-klas gejaag. Volgens internasionale tydrenreëls val die Auris met sy verouderde tegnologie in die S3-klas. Die enigste rede vir sy besluit is dat hy later vanjaar met sy 4x4 Ford Fiesta S2000 aan die S4-klas gaan deelneem.
Dus moet Dippenaar intussen raap en skraap om kampioenskapunte met sy ouer generasie S2000 Aurus te verdien. Dieselfde geld vir Allan Martin wat vir 'n nuwe motor wag waarmee hy sy finale aanslag op die S4-klas en die 2019 Total Tara gaan loods.
Marco Luis en Jannie Coetzee volg dieselfde pad as Dippenaar en moet hul S4-klas 4x4 Sti Subaru Impreza Turbo weer onder supertydrenreëls inskryf. Luis en Coetzee sluit hul dag in 1:31:28 af.
Jan Everson en Fanie Botes se nartjiekleurige Seal Consulting Engineers 4x2 S2-klas VW Polo het weens skade wat tydens die 2018 Tara-tydren opgedoen is, nie verlede maand aan die Gobabis-tydren deelgeneem nie.
Die bestendige Everson was gereed vir die Swakop-byeenkoms, maar die Polo wou nie sy kant bring nie en Everson moes ná sneldeel 5 die handdoek weens 'n gebreekte enjinsuier ingooi. Volgens medejaers kon Everson nog nie weer die suier opspoor nie ...
Zachary Martin, seun van Allan, en sy navigator Michael Strydom moes ook noodgewonge ná sneldeel 5 die S1-klas 4x2 J&P Hydraulics 2-liter MK1 VW Golf weens 'n gebreekte enjinsuier uit die aksie onttrek.
Welmie Kühn en René van Wyk het wel die tydren in die S1-klas voltooi. Ongelukkig is sy weens 'n oortreding tydens sneldeel 2 gepenaliseer toe hulle en die 4x2 Kühn Paneelkloppers 1.6i Toyota RunX verdwaal het en nie by 'n kontrolepunt aangemeld het nie.
OFF-ROAD
In dié dissipline het die kragtige en blitsige Klas E 4x2 B Storage/Cooper Tires Bat Spec 2 van Gerhard Breed en Bernard Louw die gesoute Klas A-span van die broers Stefan en Lappies Labuschagne met agt minute getroef om algeheel eerste in 1:14:01 te eindig.
Die swaarder en ietwat stadiger 4x4 Gobabis Auto Truck en Tractor V8 Land Rover was algeheel tweede in 1:22:18 en het Klas A ingepalm.
Die brullende Bat van Breed is met 'n V8 Chevy LS2-enjin van 6 liter toegerus wat enige tyd van die dag sonder turbo-aandrywing 'n indrukwekkende 300 kilowatt (400 remperdekrag) lewer. Breed sê hy wil graag aan die res van die jaar se byeenkomste deelneem, maar soek nog borge.
Die algehele derde posisie behoort aan Jacques Kruger en Roché Louw se netjiese Klas D 4x2 Formula Toyota-bakkie wat in 1:29:41 geseëvier het.
In die OR-afdeling was Freddie van Niekerk en De Wet du Plessis die enigste span wat nie die tydren voltooi het nie.
Die uitslae:
Motors algeheel: 1 Redelinghuys/Booysen 1:07:12 (Gobabis-motorklub, GMK), 2 Martin/Olivier 1:07:31 (WVBMK), 3 Dippenaar/Van der Westhuizen 1:24:00 (Redline-motorklub), 4 Tinus Malan/Paul van Niekerk 1:25:04 (WVBMK), 5 Johan Bergh/Herman Robberts 1:26:37 (WVBMK), 6 Ettienne van Heerden/Willy van Wyk 1:28:16 (WVBMK), 7 Luis/Coetzee 1:31:28 (WVBMK).
S4: 1 Martin/Olivier, 2 Dippenaar/Van der Westhuizen, 3 Luis/Coetzee.
S3: 1 Redelinghuys/Booysen
S2: 1 Malan/Van Niekerk (4x2 Zebra Trailers Toyota RunX).
S1: 1 Bergh/Robberts (4x2 J.R. Repair Services Toyota Corolla), 2 Van Heerden/Van Wyk (4x2 Toyota Auris).
OR-afdeling algeheel: 1 Breed/Louw 1:14:01 (WVBMK), 2 Labuschagne-broers 1:22:18 (GMK), 3 Kruger/Louw 1:29:41 (WVBMK), 4 Wido Bartch/Patrick Fourie 1:30:12 (WMK), 5 Gert Coetzee/Ciske Howard 1:55:31 (WVBMK).
Klas A: 1 Labuschagne-broers.
Klas C: 1 Bartch/Fourie (4x2 Safewear Ford Courier), 2 Coetzee/Howard (4x2 Mitsubishi Pajaro V6).
Klas D: 1 Kruger/Louw.
Klas E: 1 Breed/Louw.
Die eerste OR-tydren word op 27 April deur die Gobabis-motorklub in die Omahekestreek aangebied. Die tydrenjaers sal eers weer op 18 Mei vir die Tsumeb-motorklub en hul derde byeenkoms by dié noordedorp saamtrek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie