Reekse by Omeya bedrywig
Gholf
Omeya gholfklub het Vrydag afgeskop met rondte 1 van sy FloorWorld Syfer 3 Medaljereeks.
Hierdie is 'n baie gewilde reeks en 60 spelers het deelgeneem. Cilliers Sachse was die wenner met 35 houe (netto). Hy het egter vir Jacques Bruwer (tweede, 35) alleenlik op die uittel geklop.
Lukas Dreyer was derde (ook 'n wenner van die uittel) nadat hy en Paul Verburg (vierde) beide op 36 geëindig het. Eugene Lofty-Eaton was vyfde.
• Saterdag het die klub se spelers in rondte 3 van die 2021 Race to Omeya-reeks meegeding.
Winderige toestande en 'n moeilike baan het die spelers op hul tone gehou. Riaan Schwartz het die uittel gewen om die eerste plek te neem met 'n goeie 39 punte. Jacques Bruwer was tweede met 39 en Willie van Zyl derde op 36 punte.
Die vrouewenner was Julia Hart. Pryse vir die houe naaste aan die pen is deur Nieuwoudt Hendrikse en Morné Engelbrecht gewen.
Die Race to Omeya-reeks word deur Namib Kameeldoring Braaihout geborg en duur voort tot die agtste en finale toernooi op 4 September. Die reeks dien jaarliks as die opbou tot die spankompetisies vir mans (Members Cup, 5 en 6 November) en die Ladies Cup die daaropvolgende naweek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie