'Reeksverkragter' eindelik agter tralies
Die beskuldigde was uit op borgtog ondanks verskeie klagte wat wissel van verkragting, poging tot verkragting, aanranding, geslagsgeweld en huisbraak.
Francoise Steynberg - Die vermeende verkragter mnr. Gaven Gawanab (sic), wat 'n string ander hangende klagte teen hom het, is gister tussen 00:00 en 01:00 in die Havana-woonbuurt in die hoofstad deur die Namibiese polisie vasgetrek waar hy in 'n sinkhuis weggekruip het.
Hy het gisteroggend in die Windhoekse landdroshof in Katutura op 'n ander klag van verkragting (CRM 1147/2017) verskyn, wat in April verlede jaar by die Wanaheda-polisiekantoor aanhangig gemaak is.
Die 23-jarige beskuldigde was op verskeie klagte op borgtog vrygelaat, maar sy borgtog van N$1 500 vir dié verkragtingsaak is gisteroggend deur landdros Johannes Shuuveni teruggetrek en Gawanab bly in aanhouding. Dié saak is tot 5 Desember uitgestel vir uitslae van laboratoriumtoetse.
Gawanab sal vandag op 'n verkragtingsklag van 'n agtjarige meisie in dieselfde hof verskyn. Hy het die meisie glo Vrydagmiddag wes van Windhoek verkrag nadat hy haar geslagsdele met 'n mes gesny het toe hy haar nie kon penetreer nie. Daarna het hy in die berge agter Otjomuise in die omgewing van Daan Viljoen weggekruip.
Die slagoffer is Vrydag in 'n kritieke toestand in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem en volgens 'n polisiewoordvoerder, hoofinsp. Kauna Shikwambi, sou sy gister ontslaan word.
AANGERAND
Volgens 'n polisiebeampte by die hof is die beskuldigde reeds deur medegevangenes in die aanhoudingselle aangerand.
“Die medegevangenes weet nie wie die meisie is wat hy verkrag het nie, en hulle meen dit kan net sowel een van hul dogters wees,” het die polisiebeampte gesê.
Gawanab is op pad terug na die Wanaheda-aanhoudingselle geboei en hy het die polisiebeampte in Afrikaans gevra om sy suster en pa te bel.
“Ek wil met hulle praat,” het die beskuldigde gesê.
Sy identiteitsdokument is ook aangevra. Hoewel die polisie sy naam as Gervin Gowanab aangegee het, word sy naam op die verskeie hofdokumente verskillend gespel – van Gaven, Gavin tot Gaevin Gawanab. Die polisie het ook sy ouderdom as 20 aangemeld, maar volgens die jongste hofdokument is hy 23 jaar oud.
VELE ANDER KLAGTE
Daar is nóg verskeie hangende klagte sedert 2013 teen Gawanab, insluitend verkragting (CRM 1147/2017 en CRM 2912/2017), poging tot verkragting, aanranding, aanranding wat verband hou met geslagsgeweld en huisbraak.
'n Klag van poging tot verkragting (CRM 1840/2014) is in 2015 teen hom teruggetrek, omdat 'n getuie nie by die hof opgedaag het nie. 'n Klag van aanranding wat verband hou met geslagsgeweld en huisbraak (CRM 2206/2016), is in 2017 teen hom teruggetrek, omdat die dossier nie in die hof was nie.
Nóg 'n klag van aanranding wat geslagsgeweld behels (CRM 2970/2016) is in 2017 van die rol geskrap, omdat die klaer in die hospitaal was nadat sy 'n baba gehad het.
Nóg 'n aanrandingsklag (CRM 4188/2015) is in 2016 teruggetrek, omdat die ondersoek nie afgehandel was nie.
Die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het gister sy kommer uitgespreek oor beskuldigdes wat te maklik op borgtog vrygelaat word.
“Ai, ek weet nie meer hoe die regstelsel beskuldigdes so maklik op borgtog vrylaat nie.
“Ek wil nie ons regstelsel kritiseer nie, maar dit is tyd dat mense hul stemme hieroor verhef,” het hy gesê.
“Die polisie het hard gewerk en die inligting wat verskaf is, het gehelp dat hy in die sinkhuis gevind is waar hy weggekruip het. Ons polisiemanne het glad nie geslaap nie en die verdagte het van huis tot huis gehardloop,” het Shikwambi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie