Reeva se ouers stel stigting vir vroue bekend
Reeva Steenkamp sou Vrydag 33 jaar oud geword het.
Haar ouers het op dié dag die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting teen die mishandeling van vroue bekend gestel.
Reeva se kêrel, Oscar Pistorius, het haar op Valentynsdag 2013 vermoor. By die bekendstelling in die luukse Boardwalk-hotel in Port Elizabeth het ’n reuseportret van Reeva gepryk.
“Ons doen dit vir Reeva, dit is wat sy sou wou gehad het. Ek het besluit om die fakkel oor te neem en aan te hou baklei vir vroue,” het haar ma, June (69), gesê.
Die voormalige Mej. Suid-Afrika Claudia Henkel en die genderaktivis Josina Machel, dogter van Graça Machel, is ambassadeurs van die stigting.
Kim Martin, Reeva se niggie, is die uitvoerende hoof.
“Ek belowe om namens al die slagoffers van mishandeling uit te praat,” het Martin gesê.
Jacqui Mofokeng, die sameroeper van die Progressiewe Vrouebeweging, is ’n trustee. Sy het June dikwels tydens die verhoor ondersteun en hulle is nou goeie vriendinne.
“June is nou baie beter. Aan die begin het sy net gehuil,” het Mofokeng gesê.
Die ander trustees is Craig de Lange, die direkteur van BDLS-prokureurs, en Trish Taylor, die ma van Pistorius se vorige meisie, Samantha Taylor.
Een van die eerste projekte van die stigting was die samestelling van die “Reeva Pack”, ’n boek van 40 bladsye oor mishandeling en ’n lys van 12 aanwysers wat slagoffers sal help om gewelddadige verhoudings te identifiseer.
Hulle het ook die Reeva Girl-inisiatief bekend gestel – ’n jaarlikse beurs vir ’n finalejaarstudent in familiereg.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie