Regbank kan nie alleen pa staan vir tydige geregtigheid, sê hoofregter

Regsjaar skop af
Denver Kisting

Denver Kisting - Hoofregter Peter Shivute sê die publiek verwag ’n regstelsel wat geregtigheid spoedig en regverdig lewer.

Hoewel die regbank hul bes doen om regverdigheid te verseker, kan hulle nie alleen verantwoordelikheid aanvaar vir tydigheid nie, “omdat dit ’n funksie is van die beskibaarstelling van hulpbronne”, het hy vanoggend tydens die amptelike opening van die regbank gesê.

Shivute sê die ander twee staatsbene – die uitvoerende gesag en die wetmakende liggame – is verantwoordelik vir die toekenning van hulpbronne. “Dit is ’n werklikheid wat die publiek, wat vertragings met die afhandeling van sake direk voor die deur van die regbank plaas, dikwels verkeerd verstaan,” het hy gesê.

Lees môre die volledige berig in Republikein.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer