Regering beloof om howe beter toe te rus
Regering beloof om howe beter toe te rus

Regering beloof om howe beter toe te rus

BETER produktiwiteit deur modernisasie, nuwe wetgewing, nuwe metodes vir geskilbeslegting en 'n gerekenariseerde stelsel is van die maatreels wat die Regering vanjaar gaan implementeer om die howe beter toe te rus. Mnr. Uutoni Nujoma, die Adjunkminister van Justisie, het Woensdag by die jaarlikse opening van die Hoerhofaangekondig dat die Regering pas 'n gerekenariseerde stelsel, Namcis, bekendgestel het wat binnekort ook in die laer howe in Namibie beskikbaar sal wees.

Mnr. Nujoma het ook gese die konstruksie van die Hoerhof in Oshakati is in 'n gevorderde stadium. Hy het die versekering gegee dat die staat vanjaar sy bes sal doen om produktiwiteit deur modernisasie te bewerkstellig. Mnr. Nujoma het gese die Ministerie sal metodes soek om alternatiewe dispuutbeslegting in te ste1 om die huidige hoe saaklas wat deur die howe ondervind word, te verlig.

Volgens hom sal 2008 'n jaar van harde werk wees en nuwe wetgewing soos die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdaad en die Finansiele Intelligensiewet gaan vanjaar ingestel word. Hierdie wetgewing sal nuwe eise ste1 aan howe en opleiding sal aan justisiebeamptes verskafword om dit die hoofte kan bied. Hy het die hoop uitgespreek dat die hof kan voortgaan om sy grondwetlike mandaat sonder vrees of guns ifear or favourj uit te oefen.

Mnr. Charles Bodenstein, president van die Regsvereniging, het in sy toespraak by dieselfde geleentheid gese regters, amptenare en regslui bestee waardevolle tyd om hoe standaarde in howe te stel. Die snelle vooruitgang van informasietegnologie asook ekonomiese faktore plaas bykomende stremming op regspraktisyns en uitbranding teen die einde van die jaareinde is 'n realiteit vir baie praktisyns.

Hy het President Hifikepunye Pohamba geloof as 'n man van integriteit wat korrupsie sterk teestaan. Hy het verder gese gesonde regspleging, goeie regeringsbestuur, die skeiding van regte en die oppermagtigheid van die reg is haalbare ideale. "Ons hou dit in die palm van ons hande en ons moet dit koester." Mnr. Bodenstein het gese dit is sy droom dat elke lid van die regspleging'n debat oor integriteit voer en by ander leer.

"Elke lid van die regspleging moet sy eie rol identifiseer en volstaan in die groter prentjie. Deur mekaar by te staan kan ons 'n groot gesamentlike doel bereik: om trotse lede van die regsfamilie te wees."

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!