Regering lig sluier oor droogtemiljoene
Die meeste van die regering se droogtereaksieplangeld sal gebruik word om gemeenskappe van kos en water te voorsien en vee te voer.
Elvira Hattingh - Die regering kort nog dubbel soveel geld as wat tans vir die nasionale droogtehulpplan beskikbaar is.
In die droogtereaksieplan wat gister by die kantoor van die eerste minister bekend gestel is, dui die regering aan nog N$272 miljoen word vir landbou- en voedselbystand benodig.
Slegs sowat N$301 miljoen is tans beskikbaar, terwyl sowat N$573 miljoen in totaal nodig sal wees.
Die regering sê boonop word ‘n bykomende N$196 miljoen benodig, onder meer om boorgatwater beskikbaar te maak, siektewaarneming te versterk, gesondheidsprogramme van stapel te stuur en terapeutiese en bykomende voeding vir jong, wangevoede kinders en swanger vroue beskikbaar te maak.
Tot dusver is net N$2,8 miljoen hiervoor beskikbaar.
Sowat N$468 miljoen word dus nog vir droogtebystand benodig.
Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het dié plan gisteroggend tydens ’n vergadering met die diplomatieke korps bekend gestel.
Dit volg nadat die diplomatieke korps glo verskeie kere aangedui het hulle wil Namibië in die noodtoestand bystaan.
Algerië het by die geleentheid aangedui hy gaan U$D250 000 tot droogtebystand bydra.
Dít volg nadat China se Rooikruisvereniging onlangs bekend gemaak het hy skenk US$150 000 aan Namibië vir hierdie doel.
Die regering hoop om deur die droogtereaksieplan kos aan die kwesbaarste huishoudings beskikbaar te stel, boere te help om hul vee te bemark, sekere geraakte gemeenskappe van water te voorsien, saad aan saaiboere vir die komende reënseisoen te verskaf en na mense se gesondheid en voeding om te sien.
LANDBOU- EN VOEDSELHULP
In die droogtereaksieplan word aangedui altesaam 257 383 Namibiërs, of 42 899 huisgesinne, sal oor die volgende 10 maande kos van die regering ontvang.
Dit sal sowat N$209 miljoen kos – vervoer- en bergingskostes uitgesluit.
Dit beteken die regering sal maandeliks sowat 43 000 sakke mieliemeel, 1,7 miljoen blikkies vis en 43 000 bottels kookolie moet skenk.
Die regering het reeds sedert die begin van Junie kos begin verskaf, maar sal nog N$21,4 miljoen benodig om daarmee te kan volhou.
Terselfdertyd sal watertenkwaens in 13 van die land se streke water aan gemeenskappe wat geen alternatiewe bronne het nie moet verskaf.
Dit sal sowat N$10 miljoen kos, terwyl die rehabilitasie en installasie van boorgate in 13 streke sowat N$11,4 miljoen sal kos.
Sowat N$31 miljoen word vir die bemarking van vee, verhuring van weiding en vervoer van vee benodig, terwyl lek wat aan 12 500 boere gegee sal word om hul kernkuddes te bewaar, N$150 miljoen sal kos.
Net N$10 miljoen is hiervoor beskikbaar.
Terselfdertyd is daar ook net N$10 miljoen beskikbaar om voer te subsidieer, terwyl dit N$104 miljoen sal kos om 12 500 boere hiermee te help.
Die verskaffing van saad aan saaiboere vir die volgende reënseisoen sal ook N$10 miljoen kos.
BYKOMENDE BEHOEFTES
In die droogtereaksieplan word aangedui die regering benodig ‘n bykomende N$192 miljoen vir die sink, installasie en rehabilitasie van boorgate, terwyl sowat N$3,5 miljoen nodig is om terapeutiese en bykomende voedsel vir 35 197 jong, ondervoede kinders en 7 058 swanger- en borsvoedende vroue te verskaf.
Bykomende behoeftes sluit ook beter siektewaarneming in wat data-insameling betref, gesondheids- en voedingsonderrig en die verbetering van gesondheidsdienslewering.
In die plan word ook tydsraamwerke uiteengesit vir die implementering van die onderskeie aksies.
Die droogtebystandprogram sal tot Maart 2020 voortduur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie