'Regering moenie met beesbemarking inmeng'
Onrustigheid heers oor moontlike beheermaatreëls om die uitvoer van lewende beeste na Suid-Afrika te verminder.
Ronelle Rademeyer
Beperkings van regeringskant in die lewende uitvoere van beeste kan rampspoedige gevolge vir die kommunale boerderygebiede in die ooste van die land hê, waarvandaan sowat 60% van dié speenkalwers kom.
Onsekerheid heers tans onder beesboere vanweë vrese dat die regering beperkings kan plaas op die getal speenkalwers wat na voerkrale in Suid-Afrika uitgevoer mag word.
Altesaam 230 797 beeste is van Januarie af tot die einde van Junie vanjaar bemark, waarvan 66%, of 152 326, lewend uitgevoer is. Verder is 18% (41 543) deur Meatco bemark en 16% (36 928) is by die B- en C-klas abattoirs in die land geslag.
Verlede jaar is 224 127 beeste in die ooreenstemmende tyd bemark. Dit is 3% minder as vanjaar. Dít blyk uit die jongste bemarkingstatistieke wat deur die Vleisraad van Namibië bekend gemaak is.
Mnr. Ramana Mutjavikua, voorsitter van die Otjozondjupa Kommunale Boere-unie (OCFU), het onlangs tydens 'n nuuskonferensie in Windhoek namens kommunale boere in dié streek, asook in die Omahekestreek, gesê hulle is bekommerd oor die regering en die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU) se geluide oor uitvoerbeperkings.
“Hulle is aggressief besig om hulle vir groter waardetoevoeging in die speenkalfsektor te beywer en dit gaan ten koste van die produsente wees,” het hy later in 'n onderhoud aan Republikein gesê.
“Die kommunale boere in die ooste van Namibië is almal speenkalfprodusente. Verlede jaar is 310 000 beeste lewend uitgevoer en omtrent 200 000 daarvan was van ons afkomstig.”
Mutjavikua sê die boere wat hy verteenwoordig, verkoop hul speenkalwers by sogenaamde permitdae of by kommersiële veilings.
“Ons het nie die weiding om daardie beeste groot te maak en dan eers te bemark nie.” Hy sê as die regering hierdie kommunale boere kan help om hul plase te ontbos sodat die weidingstoestande verbeter, sal hulle nie nodig hê om soveel diere op 'n jong ouderdom reeds te bemark nie.
“Meatco is ook welkom om ons speenkalwers vir hul voerkrale te koop. Al die boere suid van die rooilyn is onderhewig aan die streng Europese verwagtinge. Meatco laat ons hieronder kniel; dan moet hulle mos vir ons baie beter pryse ook betaal,” sê Mutjavikua.
Mnr. Harald Marggraff, hoof van bedrywe by die Namibië Landbou-unie (NLU), sê kommersiële boere is ewe bekommerd oor moontlike inmenging deur die regering.
“Die Ooste is nie geskik om speenkalwers uit te groei tot slagosse nie. Weens die sanderige grond is daar nie krag in die weiding nie.
“Die ander probleem is dat dit nie ekonomies sin maak om slagosse te produseer nie. As die speenkalfprys 67% van die slagprys is, kan 'n boer daardie kalf nog uitgroei. Maar as dit styg na 80% van die slagprys, soos nou gebeur omdat Meatco se pryse nie byhou nie, kan boere dit nie bekostig nie,” verduidelik Marggraff.
Mnr. Hannes Visagie, 'n kleinveeprodusent van die Suide, sê die kleinveebemarkingskema wat die regering 14 jaar gelede vir die skaapbedryf ingestel het om binnelandse waardetoevoeging te verbeter en uitvoergetalle te beperk, was rampspoedig.
“Dit was alles behalwe in die beste belang van hierdie land. Die gemeenskap in die Suide bloei, want dit het ons laat verarm,” sê hy.
Intussen meen die Vleisraad die huidige afwaartse beweging in die pryse van speenkalwers gaan voortduur. Dit is aangesien meer speenkalwers in die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar is.
Die laer pryse kan daartoe lei dat minder speenkalwers in die tweede helfte van die jaar uitgevoer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie