Regering moet standpunt oor water inneem
Noodbronne onvolhoubaar
Elvira Hattingh - Kenners meen dit is tyd vir die regering om standpunt in te neem wat Windhoek se watersituasie betref, veral omdat daar noodgedwonge in die volgende maande van noodbronne soos die Windhoek-akwifer gebruik gemaak sal moet word.
Die Bo-Swakop-rivierkomgebied se bestuurskomitee (USBMC) het gister (Woensdag 27 Junie) ‘n forumvergadering in Windhoek gehou, waartydens belangegroepe hul kommer uitgespreek het oor die watersituasie, ‘n skynbare gebrek aan politieke wil om dit te beredder, asook die groeiende probleem dat die Swakoppoortdam se watergehalte versleg.
Volgens ‘n voorlegging deur NamWater se bestuurder van hidrologie, mnr. André Mostert, sal daar vanaf 1 Augustus weer 7,5 Mm³ (miljoen kubieke meter) uit die akwifer gepomp moet word en dié syfer sal in Mei volgende jaar tot 11 Mm³ opgestoot moet word.
Toetse wat in die tussentyd op die akwifer uitgevoer is, dui aan die uitpomp van soveel water sal tot probleme met watergehalte lei. Idien daar volgehou word om die akwifer teen dié tempo te pomp, dui ‘n model aan dit sal teen April 2022 leeg wees.
Boonop behels die plan dat daar ook meer water as ooit vantevore vanuit die Kombatmyn in die Noorde vir die sentrale waternetwerk gepomp sal moet word en is die moontlike gevolge hiervan nie duidelik nie. Boonop sal daar ook van die dooieberging van die drie damme wat sentraal Namibië van water voorsien, gebruik gemaak moet word.
Die bestuurskomitee se sekretaris, mnr. Koos Theron, het verduidelik die akwifer was aanvanklik vir noodsituasies geoormerk. “Die feit dat ons nou daarvan gebruik moet maak, is ‘n aanduiding dat ons in die knyp is. Op natuurlike wyse word die akwifer teen slegs sowat 1,7 Mm³ per jaar aangevul, terwyl die munisipaliteit net 3 tot 4 miljoen daarby kan voeg.”
“Ons is in die nood en sekere daadwerklike stappe moet deur die regering gedoen word wat finansiering betref. Daar is tydens die onlangse waterkrisis baie dinge belowe, maar die situasie waar ons op ons noodbronne moet staatmaak, duur onverpoos voort,” het hy namens die komitee gesê.
Mostert het bygevoeg dat die gebruik van die akwifer vir Windhoek “tyd koop” en indien daar nie iets gedoen word om optimale gebruik van Windhoek se water te maak nie, gaan die stad probleme hê.
SWAKOPPOORT SE WATERGEHALTE
Mostert het gesê die bestuurskomitee is oorspronklik op die been gebring nadat vasgestel is die Swakoppoortdam se watergehalte versleg drasties en dit veroorsaak word deur mense se aktiwiteite in die boonste Swakop-stroomgebied, waarin Windhoek en Okahandja geleë is. Dit kan – soos in die geval van die Goreangabdam – tot die totale verlies van die dam as bron lei.
Mostert het gesê op die oomblik loop daar bykans ‘n permanente stroom water van Windhoek na die Swakoppoortdam.
“Ons rioolwater word herwin en beland dan weer in die rivier, waar dit tot in Swakoppoortdam loop. Ons plaas dus ons gedeeltelik gesuiwerde water in die Swakoppoortdam. Van daar word dit weer terug in die Von Bachdam gepomp, waarna ons dit weer in Windhoek gebruik en wéér na die Swakoppoortdam laat loop.
“Dis ‘n kwessie wat ons mettertyd kan inhaal – dalk oor 10 of 15 jaar van nou af,” het Mostert gesê.
“Ons moet optimale gebruik van ons herwinde water maak, ons kan nie aanhou om dit terug in die omgewing en daarna weer in die Von Bachdam in te pomp nie.
“Die besparing van water maak op lang termyn ‘n groot verskil.”
Hy het ook gesê mense moet veral oplet na waterlekkasies, want dit kan ‘n groot verskil maak in hoeveel water bespaar word, sonder dat daar enige druk op die ekonomie of watergebruikers geplaas word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie